Alpha Telescopii

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Alpha Telescopii
Emoji u2b55.svg
Die ligging van Alpha Telescopii (in die rooi sirkel).
Die ligging van Alpha Telescopii (in die rooi sirkel).
Sterrebeeld Teleskoop
Spektraaltipe B3 IV[1]
Soort Subreus
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 18h 26m 58.41604s[2]
Deklinasie -45° 58′ 06.4498″[2]
Skynmagnitude (m) 3,51[3]
Absolute magnitude (M) -1,25[4]
B-V-kleurindeks  -0,17[3]
U-B-kleurindeks  -0,64[3]
Besonderhede
Massa (M) 5,2±0,4[5]
Radius (R) 3,3±0,5[5]
Ligsterkte (L) 794[5]
Ouderdom (jaar) 24,1±7,5[6]
Temperatuur (K) 16 700±800[5]
Afstand (ligjaar) 278
Rotasiespoed (km/s) 14±8[5]
Eienskappe
Veranderlikheid Pulserende ster[5]
Ander name
CD−46° 12379, FK 5691, HD 169467, HIP 90422, HR 6897, SAO 229023[7]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Alpha Telescopii (afgekort as α Tel) is die helderste ster in die suidelike sterrebeeld Teleskoop (Telescopium); dit het ’n skynbare magnitude van 3,5[3] – wat met 0,22 verdof word deur ruimtestof.[4] Die antieke Romeinse sterrekundige Ptolemeus het dit in die Suidelike Kroon ingesluit, maar dit is na die Teleskoop geskuif nadat die Franse sterrekundige Nicolas Louis de Lacaille dit in die 18de eeu geskep het.[8] Volgens parallaksmetings is dit sowat 278 ligjare van die Son af.

Die ster is baie groter as die Son, met ’n massa van sowat 5,2 keer soveel en ’n radius van omtrent 3,3 keer soveel.[5] Sy sterreklassifikasie is B3 IV,[1] waar die ligsterkteklas "IV" aandui dit is ’n subreus wat amper die waterstof in sy kern opgebruik het en besig is om weg van die hoofreeks te evolueer. Alpha Telescopii is ’n helder ster, met ’n ligsterkte van sowat 800 keer die Son s’n danksy sy effektiewe temperatuur van sowat 16 700 K,[5] wat dit die tipiese blouwit kleur van ’n B-tipe ster gee.[9]

Dit is moontlik ’n veranderlike ster: ’n stadig pulserende B-ster. Sy rotasiespoed van 14 km s11 word as stadig beskou vir ’n ster van dié soort[5] en is dalk ’n aanduiding dat die uitsig van die Aarde af byna reg op een van sy pole is.[10]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Houk, Nancy (1978), Michigan catalogue of two-dimensional spectral types for the HD stars, 2, Ann Arbor: Dept. of Astronomy, University of Michigan, Bibcode1975mcts.book.....H 
  2. 2,0 2,1 van Leeuwen, F. (November 2007), "Validation of the new Hipparcos reduction", Astronomy and Astrophysics 474 (2): 653–664, doi:10.1051/0004-6361:20078357, Bibcode2007A&A...474..653V 
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (1966) “UBVRIJKL photometry of the bright stars”. Communications of the Lunar and Planetary Laboratory 4 (99).
  4. 4,0 4,1 Gontcharov, G. A. (November 2012), "Spatial distribution and kinematics of OB stars", Astronomy Letters 38 (11): 694–706, doi:10.1134/S1063773712110035, Bibcode2012AstL...38..694G. 
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 5,4 5,5 5,6 5,7 5,8 Hubrig, S. et al. (April 2009), "New magnetic field measurements of β Cephei stars and slowly pulsating B stars", Astronomische Nachrichten 330 (4): 317, doi:10.1002/asna.200811187, Bibcode2009AN....330..317H 
  6. Tetzlaff, N.; Neuhäuser, R.; Hohle, M. M. (Januarie 2011), "A catalogue of young runaway Hipparcos stars within 3 kpc from the Sun", Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 410 (1): 190–200, doi:10.1111/j.1365-2966.2010.17434.x, Bibcode2011MNRAS.410..190T 
  7. "alf Tel -- Star", SIMBAD (Centre de Données astronomiques de Strasbourg), http://simbad.u-strasbg.fr/simbad/sim-id?Ident=Alpha+Telescopii, besoek op 2012-01-15 
  8. Ridpath, Ian, "Corona Austalis, the Southern Crown", Ian Ridpath's Star Tales, http://www.ianridpath.com/startales/coronaaustralis.htm, besoek op 2012-01-15 
  9. "The Colour of Stars", Australia Telescope, Outreach and Education (Commonwealth Scientific and Industrial Research Organisation), 21 Desember 2004, archived from the original on 10 Maart 2012, https://www.webcitation.org/6630AbtJZ?url=http://outreach.atnf.csiro.au/education/senior/astrophysics/photometry_colour.html, besoek op 2012-01-16 
  10. Kaler, James B., "ALPHA TEL (Alpha Telescopii)", Stars (University of Illinois), http://stars.astro.illinois.edu/sow/alphatel.html, besoek op 2012-01-15 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]