Amaro Jose Viana

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Amaro Jose Viana
Oorlede 2012
Walkerville, Gauteng, Suid-Afrika
Nasionaliteit Suid-Afrikaans
Ouers Tony en Geraldine Viana
Bekend vir Slagoffer van geweld

Amaro Jose Viana was 'n Suid-Afrikaanse seun van Portugese afkoms wat in 2012 die slagoffer van 'n wrede aanval op sy gesin was, waarin hy en sy ouers vermoor is nadat sy moeder verkrag is. Die voorval het opslae gemaak weens die brutale wyse waarop die moorde gepleeg is.

Patrick Petrus Radebe, die gesin se tuinier, Sipho Mbele, die seun van die gesin se bediende, en Sphiwe David Motaung het Amaro Jose se moeder, Geraldine, verkrag en haar met haar man, Tony, se vuurwapen doodgeskiet. Die aanvallers het Tony met 'n gholfstok en kapmes aangerand waarna hulle hom in die kop doodgeskiet het. Amaro Jose is gesnoer en in kokende water in die bad verdrink.

Die gesin se hond se maag is oopgesny.

Die aanvallers het na die pleitverhoor gelag op pad terug na hul aanhoudingselle.

Bronne[wysig | wysig bron]