Animal Farm

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Animal Farm
Animal Farm - 1st edition.jpg
Oorspronklike titel Animal Farm: A Fairy Story
Outeur George Orwell
Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Taal Engels
Genre Politieke satire
Uitgewer Secker and Warburg, Londen, Engeland
Uitgegee 17 Augustus 1945
Medium Druk (gebind & sagteband)
Bladsye 112 (Britse sagteband uitgawe)
Letterkunde-portaal
George Orwell in 1933
Die vlag van Animal Farm waarin die hoef en horing ooreenstem met die hamer en sekel.

Animal Farm (Afrikaans: Diereplaas) is 'n satiriese roman deur die Britse skrywer George Orwell. Die verhaal kan as 'n fabel of allegorie gesien word en handel oor die Russiese Rewolusie en die kommunistiese samelewing.[1]

Die boek is tydens die Tweede Wêreldoorlog geskryf en in 1945 gepubliseer, hoewel dit tot die einde van die 1950's relatief onbekend was. Dit word tans as 'n klassieke werk beskou.

In Animal Farm kritiseer Orwell die totalitêre politieke stelsel van die Sowjetunie na die Oktoberrevolusie. Hy skryf dit na aanleiding van sy waarnemings van Stalinistiese kommuniste tydens die Spaanse Burgeroorlog. Sy ervaringe gedurende die stryd stel hy in Saluut aan Katalonië te boek.

Storielyn[wysig | wysig bron]

In die boek neem 'n groep diere beheer oor 'n plaas oor om 'n samelewing waar almal gelyk is te vestig. Hulle is moeg om soos die slawe van mense te lewe en neem die mag in eie hande. Dit loop uiteindelik, anders as was die meeste diere gehoop het, op 'n tirannie uit. Die varke neem die leisels oor en beweer hulle is belangriker en intelligenter as die res met die frase: "All animals are equal, but some animals are more equal than others".

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]