Ariobarzanes III
Voorkoms
Ariobarzanes III Eusebes Filoromanus | |
---|---|
Koning van Kappadosië | |
Tydperk | 51 – 42 v.C. |
Grieks | Ἀριοϐαρζάνης Εὐσεϐής Φιλορώμαιος |
Voorganger | Ariobarzanes II |
Opvolger | Ariarathes X |
Vader | Ariobarzanes II |
Moeder | Athenais |
Vrou | onbekend |
Kinders | onbekend |
Geloof | Griekse mitologie |
Ariobarzanes III Eusebes Filoromanus (Grieks: Ἀριοϐαρζάνης Εὐσεϐής Φιλορώμαιος) was van 51 v.C tot 42 v.C koning van Kappadosië. Die senaat van die Romeinse Republiek het ingestem dat hy sy pa, Ariobarzanes II, opvolg. Cicero, die goewerneur van Silisië, het opgemerk dat hy omring is deur vyande, onder wie sy ma, Athenais van Pontus.
Hy het Pompeius van Rome aanvanklik gesteun ondanks die koste en het sy posisie behou nadat Julius Caesar die burgeroorlog in Rome gewen het. Hy het selfs ’n stuk grond bygekry. Die Romeinse bevryder Gaius Cassius Longinus het Ariobarzanes in 42 v.C. tereggestel omdat hy nie groter Romeinse inmenging in sy koninkryk wou duld nie.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Spawforth, Antony (1996). The Oxford Classical Dictionary. Oxford University Press.
- Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia