Bagad de Lann-Bihoué

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Bagad de Lann-Bihoué
Bagad.JPG
OorsprongDépartement Lorient, Bretagne, Frankryk
Genre(s)Bretonse musiek
Instrument(e)Bombarde, doedelsak, slaginstrumente
Aktiewe jare1952 - hede
EtiketteEMI
WebwerfBagad de Lann-Bihoué
Kenteken van Bagad de Lann-Bihoué.png
Portal.svg Musiekportaal
Le Bagad de Lan-Bihoué
Een van Bagad de Lann-Bihoué se langspelers: Bagad de Lann-Bihoué - 55 ans (2007)

Die Bagad de Lann-Bihoué is as die bekendste Bretonse bagad-groep in 1952 op die Franse vloot- en lugmagbasis van Lann-Bihoué naby Lorient (département Morbihan) gestig. Sedert 1956 verteenwoordig die groep met 'n dertigtal musikante die Nasionale Vloot van Frankryk. Hulle streef saam met ander musikale kunstenaars daarna om die kulturele en musikale erfenis van Bretagne te bewaar.

Die lede van die groep (wat sedert 2001 ook dames insluit) speel instrumente soos die biniou braz of cornemuse écossaise (Skotse doedelsak), die bombarde ('n oosterse voorloper van die hobo wat tydens die kruistogte na Europa ingevoer word en nou verwant is aan byvoorbeeld die Marokkaanse raïta), caisses claires en percussions (slagwerk). Hulle tree gereeld in Frankryk en die buiteland op, dikwels met ander bekende verteenoordigers van Keltiese musiek soos Alan Stivell en Carlos Nuñez, en het ook 'n aantal langspelers vrygestel.

Op 27 Maart 2004 is Bagad de Lann-Bihoué deur die Franse Poskantoor (La Poste) met 'n eie posseël vereer.

Diskografie[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Media