Bannie Britz

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Bannie Britz
Geboortenaam Barend Johannes Britz
Gebore 30 Junie 1935[1]
Stellenbosch
Oorlede 27 Maart 2013
Nasionaliteit Suid-Afrika
Titel Professor
Beroep Argitek
Bekend vir Argitektoniese ontwerpe
Eerbewyse Talle, sien teks.

Bannie Britz (1935–2013) was ’n Suid-Afrikaanse argitek en professor in argitektuur aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy het saam met sy vennoot Michael Scholes (1944-) in hulle ateljee, ’n omskepte kerk in Melville, Johannesburg, gewerk. Sy ontwerpe sluit in: openbare geboue, soos die parlement van die eertydse Bophuthatswana (vandag die Noordwes-wetgewer), die Apartheidsmuseum, kampusgeboue in Potchefstroom en Bloemfontein, asook verskeie woonhuise en kerke.[2]

Lewensloop[wysig | wysig bron]

Barend Johannes Britz is op 30 Junie 1935 in Stellenbosch gebore. Hy het aan die Universiteit van Pretoria (Baccalaureus Argitektuur), die Universiteit van die Witwatersrand (Meesters in Stadsontwerp) en die Universiteit van die Vrystaat (Doktoraal in Argitektuur) studeer.[1]

Sy veelbekroonde loopbaan het oor vyf dekades gestrek. Hy het 17 toekennings vir geboue wat hy ontwerp het van die Instituut van SA Argitekte ontvang. Hy is ook deur die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns met 'n erepenning vir argitektuur bekroon (1992).

Professor Britz was 'n aktiewe akademikus en het talle referate oor argitektuur gepubliseer. Hy was vir baie jare 'n dosent aan die Wits-argitektuurskool. Hy was ook 'n gereelde eksterne eksaminator aan die meeste van Suid-Afrika se argitektuurskole.

Britz is op 27 Maart 2013 oorlede.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Who's Who SA, besoek op 23 April 2017
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8