Beşiktaş

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Beşiktaş is ’n munisipaliteit van Istanboel, Turkye, wat aan die Europese oewer van die Bosporus geleë is. Reg oorkant die seestraat is die Üsküdar-munisipaliteit. Beşiktaş is ook die naam van die historiese sentrum van die munisipaliteit.

Die munisipaliteit sluit ’n paar belangrike terreine en gebiede in, soos die Dolmabahçe-paleis, die buurt Bebek en die finansiële buurt Levent.