Blaarsnyermier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Blaarsnyermier
Mier met blaar
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Arthropoda
Klas: Insecta
Orde: Hymenoptera
Suborde: Apocrita
Superfamilie: Vespoidea
Familie: Formicidae
Latreille, 1809
Subfamilie: Myrmicinae
Tribus: Attini
Genus: Atta
Spesie: A. cephalotes
Binomiale naam
Atta cephalotes
L.

Die blaarsnyermier (Atta cephalotes) is 'n mierspesie wat in die tropiese reënwoude van Suid-Amerika voorkom.

Blaarsnyermiere is sosiale insekte wat in kolonies van tot twee miljoen miere voorkom. Hulle bedryf 'n vorm van landbou. Die hoofvoedselbron is 'n fungus wat in reekse ondergrondse kamers op blare gekweek word wat deur verkennermiere vir die kolonie versamel word. 'n Enkele mier sou 'n ryk bron van blare soos 'n boom nie kon benut nie, maar die verkennermiere los 'n chemiese spoor na die voedselbron wat ander miere na die boom lei. Talle miere werk saam om die blare te oes wat in die nes aan die fungus blootgestel word. Die chemiese spoor bevat die verbinding metiel-4-metielpirool-2-karboksilaat.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Die chemiese karakterisering van die reukmerkvloestof van die Bengaalse tier, Panthera tigris tigris Marlize Z. Viviers Proefskrif U Stellenbosch 2006