Bloemhofdam
Bloemhofdam | |
---|---|
Uitsig oor die dam
| |
Amptelike naam | Bloemhofdam |
Ligging | Bloemhof |
Provinsie/Land | Suid-Afrika |
Koördinate | 27°40′15″S 25°37′40″O / 27.67083°S 25.62778°O |
Dam in | Vaalrivier |
Doel | Besproeiing, drinkwater |
Openingsdatum | 1970 |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Gravitasiedam |
Hoogte van wal | 33 m |
Lengte van wal | 2400 m |
Bakmaat | 1 269 miljoen m3 |
Reservoir | Bloemhofdamreservoir |
Damoppervlak | 230 km2 |
Die Bloemhofdam, vroeër bekend as die Oppermansdrifdam, is 'n dam in die Vaalrivier naby Bloemhof op die grens van Noordwes en die Vrystaat.[1] Dit is die 6de grootste dam in Suid-Afrika met 'n oppervlak van meer as 230 vk kilometer wanneer vol.
Die dam het 'n bakmaat van 1 269 miljoen m3. Die damwal is ongeveer 33 meter hoog en het 20 kruinsluise. Die dam lewer gemiddeld 435 miljoen m3 per jaar. Dit verskaf ook beter beheer oor die water wat deur die uitkeerwal 97 km stroomaf aan die Vaalharts-besproeiingskema gelewer word.[2]
Bloemhofdam is in 1970 voltooi en is 2 km stroomop van die dorp Bloemhof. Die Bloemhofdam-natuurreservaat lê langs die dam in die Noordwesprovinsie, terwyl die Sandveld-natuurreservaat langs die dam in die Vrystaat lê.
Die dam is 'n welbekende bestemming vir hengelaars op soek na karp en babers.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995 ISBN 1-86842-026-4