Boards of Canada
Boards of Canada | |
---|---|
V.l.n.r.: Michael Sandison en Marcus Eoin, ca. 1999 | |
Agtergrondinligting | |
Ook bekend as | Hell Interface |
Oorsprong | Edinburg, Skotland (VK) |
Genres | Ambience, elektronies |
Jare aktief | 1987 — hede |
Etikette | Warp, Skam, Music70 |
Webwerf | boardsofcanada.com |
Lede | Michael Sandison Marcus Eoin |
Boards of Canada (algemeen afgekort tot BoC) is 'n Skotse elektroniese musiekduo wat uit die broers Michael Sandison (* 1 Junie 1970) en Marcus Eoin (* 21 Julie 1971) bestaan. Die groep se musiek herinner sterk aan die warm, krapperige, kunsmatige klanke van die 1970se media en bevat temas van kindheid, nostalgie en die natuurlike wêreld. Die broers het die dokumentêre rolprente van die National Film Board of Canada (waarvan die groep se naam afgelei is) as 'n bron van inspirasie genoem.
Hulle het 'n platekontrak met Warp Records en het vele werke op daardie etiket vrygestel met weinig bemarking en min onderhoude, terwyl hulle ook 'n obskure katalogus van vrystellings op hul eie Music70-etiket het. Onder die alias Hell Interface het hulle ook 'n paar kleiner werke opgeneem.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Amptelike webwerf (en)