Boeing 727

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Boeing 727
Boeing 727-2S7 Advanced Champion LAX.jpg
Boeing 727-2S7 van "Advanced Champion LAX" in vlug
Tipe Smalromp-stralervliegtuig
Vervaardiger Boeing Commercial Airplanes
Nooiensvlug 9 Februarie 1963
Vrygestel 1 Februarie 1964 met Eastern Airlines
Status In gebruik, hoofsaaklik vir vragvervoer
Hoofgebruikers Kelowna Flightcraft Air Charter
Cargojet Airways
Kalitta Charters
Iran Aseman Airlines
Vervaardig 1981-huidig
Aantal gebou 1061 tot in Desember 2013
Eenheidskoste VS$4.25 miljoen aanvanklik, VS$22 miljoen teen 1982[1]
'n Boeing 727-200 van "Air Algérie" in September 1981
'n Lufthansa Boeing 727–100 nader Lughawe Londen-Heathrow (1978)

Die Boeing 727 is 'n middelgroot driemotorige kommersiële passasierstraalvliegtuig gebou deur Boeing-Korporasie. Dit kan 149-189 passasiers dra en latere modelle kan 4 400 tot 5 000 km (2,400 tot 2,700 seemyl) ononderbroke vlieg. Die 727 is ontwerp vir kort- en mediumafstandvlugte, en kan redelike kort aanloopbane gebruik by kleiner lughawens. Alle modelle is toegerus met drie Pratt & Whitney JT8D enjins, een aan elke vlerk met 'n sentrale enjin wat verbind is deur 'n S-buis na 'n inlaat voor die T-stert. Die 727 is Boeing se enigste drie-motorige vliegtuig.

Produksie[wysig | wysig bron]

Die 727 was die steunpilaar van lugdienste se binnelandse roetes en is ook gebruik op die kort- en medium-afstand internasionale roetes. Passasiers-, vragvliegtuig en omskepbare weergawes van die 727 is gebou.

Die 727 was massa-geproduseer in die 1970's en die laaste 727 is in 1984 voltooi. Teen Julie 2011 was 23 727-100s en 227 727-200s steeds in verskeie lugrederye se diens. [2] Lughawens se hersiene geraasregulasies het daartoe gelei dat latere 727s met geraasdempers toegerus is.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Boeing Commercial Airplanes Jet Prices”. Boeing. URL besoek op 8 Augustus 2012.
  2. World Airliner Census”. Flight International. Augustus 2011. URL besoek op September 13, 2011.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.