Boetie op manoeuvres
Boetie op manoeuvres | |
---|---|
Regisseur | Regardt van den Bergh |
Produksieleier | Philo Pieterse |
Draaiboek | Johann Potgieter |
Met | Arnold Vosloo Janie du Plessis Ian Roberts |
Musiek deur | Danny Antill |
Kinematografie | Desmond Burmeister |
Redigeerder | Valma Muir |
Ateljee | Satbel Films |
Verspreider | M-Net Ster-Kinekor Home Entertainment |
Uitgereik | 28 Junie 1985 |
Speeltyd | 1 uur 25 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Voorafgegaan deur | Boetie gaan border toe |
IMDb-profiel |
Boetie op manoeuvres is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1985 vrygestel is. Dit is 'n opvolg op Boetie gaan border toe, wat die vorige jaar uitgereik is. Arnold Vosloo het weer die hoofrol vertolk en Regardt van den Bergh het die regie behartig.
Genre
[wysig | wysig bron]Die rolprent is 'n komedie.
Rolverdeling
[wysig | wysig bron]- Arnold Vosloo as Boetie van Tonder (sy tweede rolprent)
- Janie du Plessis as Elize
- Ian Roberts as korp. White
- Paul Slabolepszy as "The Horror"
- Frank Opperman as De Kock
- Anton Dekker as kapt. Schuster
- Kerneels Coertzen as kommandant Davel
- Tracey Morris as Liz
- Nick Lorentz as "Chinatown" (as Nicholas Lorentz)
- Miriam Munitz as Lulu
- Jurgen Hellberg as 'n lyk
- Neels Engelbrecht as Gattie
- Greg Latter as Veertjie
- Blake Toerien as Slabbert
- Christo Loots as "Sunshine"
Storielyn
[wysig | wysig bron]Vasbyt, manne! Boetie is terug – en dis nie net vir 40 dae nie! Aksie en pret vir almal, met Suid-Afrika se nuutste held!
Boetie van Tonder is 'n bederfde rykmanskind wat geld en invloed gebruik om die lewe vir homself makliker te maak in die weermag. Toe hy ongenooid by sy verslaggewervriendin, Elise (Janie du Plessis) se partytjie opdaag, vra sy hom om eerder te loop en so begin hy sy plan om haar terug te wen. Maar dinge is nie so maklik soos wat hy gedink het nie. Boetie word beveel om weg te bly van Elise en dan is daar ook 'n sinistere man in die weermag wat dinge verder vir hom moeilik maak. Boetie gaan nou maar van sy maniere moet laat staan, en wys waarvan hy werklik gemaak is.