Brandnag

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Luisenplatz in Darmstadt (middestad) na die bombardering.

In 'n lugaanval, word die stad, Darmstadt gedurende die nag van die 11de en 12 September 1944 in 'n sogenaamde Brandnag deur doelgerigte bombardering van die Britse Koninklike Lugmag deur 'n vuurstorm tot 'n groot mate verwoes.

Die Aanval[wysig]

Lugfoto van die westelike deel van Darmstadt, na die aanval.

Die aanval word deur Bomgroep nr.5, op die bevel van Arthur Harris uitgevoer. Die Britse "Bomgroep nr. 5" was deel van 'n gespesialiseerde eenheid van die Britse koninklike lugmag, wat onder andere vir die vuurbomaanvalle in Dresden, Kassel, Braunschweig, Pforzheim, Hamburg en Stuttgart verantwoordelik was. Hierdie eenheid het gebruik gemaak van 'n kombinasie van springstof- en brandbomme wat in militêre optimale gevalle, 'n vuurstorm veroorsaak het. So 'n vuurstorm het die skade wat aangerig is, veelvuldig. 99 persent van die ou en middestad van Darmstadt is vernietig, wat ongeveer 87 persent van die totale bewoonde gebied uitgemaak het. 11 500 mense sterf hierdie nag en ongeveer 110 000 mense word haweloos gelaat.

Verwysings[wysig]