Britse Lugmag

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Sopwith Camel was die vernaamste Britse vliegtuig in die Eerste Wêreldoorlog. Daar is meer as 20 000 van die vliegtuie gebou.

Die Britse Koninklike Lugmag is die lugmag van die Verenigde Koninkryk. Die lugmag is in 1918 gestig[1] deur die samesmelting van die Koninklike Vliegkorps en die Britse Vloot se lugdiens. Dit is die oudste lugmag ter wêreld.[2] Die eerste man wat aan die hoof van die Britse Lugmag gestaan het was Hugh Trenchard.

Die Britse Lugmag beskik oor verskeie basisse oor die wêreld, insluitende in die Verenigde Koninkryk, Falkland-eilande, Siprus en Gibraltar. Hierdie basisse het gewoonlik 'n voorvoegsel 'RAF' wat staan vir "Royal Air Force". Voorbeelde van hierdie basisse is: RAF Lossiemouth in Skotland, RAF Valley in Wallis, RAF Aldergrove in Noord-Ierland en RAF Linton-on Ouse in Engeland.

Die Britse Lugmag beskik oor moderne vliegtuie soos die Eurofighter Typhoon, Panavia Tornado en die BaE Hawk. Die Hawk word gebruik om vlieëniers van vinnig bewegende vliegtuie op te lei.

Fotogalery[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. RAF Timeline 1918–1929”. Royal Air Force: 2011. URL besoek op 20 April 2011.
  2. World War I”. Royal Air Force: 2011. URL besoek op 20 April 2011.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Britse Lugmag (kategorie)