Brewster F2A Buffalo
Brewster F2A Buffalo | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Brewster Aeronautical Corporation |
Nooiensvlug | 2 Desember 1937 |
Bekendstelling | April 1939 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruikers | Amerikaanse Vloot Finse Lugmag Britse Vloot |
Vervaardig | 1938–1941 |
Aantal gebou | 509 |
Die Brewster F2A Buffalo was 'n vegvliegtuig wat deur die Amerikaanse Vloot gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dit was 'n enkelsitplek, enkelmotorige vliegtuig en was die eerste monovlerkvliegtuig van die Amerikaanse Vloot. Van die aanvanklike bestelling van 54 is slegs 11 deur die Amerikaanse Vloot gebruik, die res is aan die Finse Lugmag verkoop. Verdere bestellings is bevredig met die aflewering van die F2A-2 en die swaarder bewapende F2A-3 modelle. Die Amerikaanse Marinierskorps het die vliegtuig onsuksesvol gebruik in die eerste Slag van Midway waar 13 van 19 vliegtuie afgeskiet is.
Bestellings is ook geplaas deur die Britse Lugmag sowel as die Nederlandse Oos-Indies. Nadat bevind is dat die vliegtuig verouder is in Europa, is die meeste van hulle in die Verre Ooste gebruik waar hulle oordonder is deur die Japannese vegvliegtuie. Die Brewster F2A Buffalo se nadele was sy massa, swak hantering en algemene onstabiliteit. Ten spyte hiervan het die Buffalo tog daarin geslaag om 30 vliegtuie af te skiet net voordat Singapoer ingeneem is deur die Japannese. Slegs in Finland kon die Buffalo daarin slaag om gesag af te dwing teen die Sowjet Lugmag tydens die Winteroorlog.
Tegniese besonderhede
[wysig | wysig bron]Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Wright R-1820-40 Cyclone stermotor, suierenjin |
Kraglewering per motor | 1 200 perdekrag |
Vlerkspan | 10,67 m |
Lengte | 8,03 m |
Hoogte | 3,68 m |
Vlerkoppervlakte | 19,41 m2 |
Maks. opstygmassa | 3 247 kg |
Maks. snelheid | 517 km/h |
Operasionele hoogte | 10 120 m |
Togafstand | 1 553 km |
Klimvermoë | 935 m per minuut |
Bewapening | Vier 12,7 mm masjiengewere |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bron
[wysig | wysig bron]- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9