Broer Matie
Broer Matie | |
---|---|
Regisseur | Jans Rautenbach |
Produksieleier | Louis Moller |
Draaiboek | Jans Rautenbach |
Met | Simon Bruinders Paul Lückhoff Louw Verwey |
Kinematografie | James Robb |
Ateljee | Satbel Films |
Uitgereik | 20 Julie 1984 |
Speeltyd | 97 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Broer Matie is 'n Afrikaanse rolprent wat op 20 Julie 1984 vrygestel is. Dit is die laaste rolprent wat deur die regisseur Jans Rautenbach vervaardig is. Die fliek speel in die Klein Karoo af en die tonele buite die kerk is in De Rust geskiet. Die tonele binne die kerk is meer as 1 000 km verder in die kerkgebou van NG gemeente Boksburg verfilm.
Die rolprent sal op 10 Junie 2012 saam met die Rapport aan sy lesers versprei word.[1]
Genre
[wysig | wysig bron]Die rolprent is 'n drama. Dit het geen ouderdomsperk nie en is goeie gesinsvermaak.
Hoofrolspelers
[wysig | wysig bron]- Simon Bruinders as Kieries Kammies die Kleurlingpredikant.
- Paul Lückhoff as Pietman, Matie se seun.
- Louw Verwey as die skoolhoof.
- Patrick Mynhardt as Jurie.
- Trix Pienaar as Hannie.
- Joe Stewardson as Matie Olivier, die boer wat skielik sterf.
- Stephen Heyns as Dominee Jooste.
- Barry Trengove as Sekel.
- Kristo Pienaar as Broederbonder.
- Michelle Bestbier as Vicki, Pietman se Engelssprekende meisie.
- Douglas Fuchs as Kol. Vos.
- Natalie Roche as Elisabet.
- Trudie Taljaard as Lettie Summers.
- Gerrit Schoonhoven as onderwyser.
- Chris Botha as Diesel-werktuigkundige.
- Johan Brewis as Bloedsap.
- Will Roberts as NP-organiseerder.
- Manie Maritz as Oom Respekte.
- Nico van Niekerk as Jan Staan-Alleen.
Storielyn
[wysig | wysig bron]'n Gesiene boer van die Klein Karoo sterf en bepaal in sy testament dat 'n bruin predikant sy begrafnisdiens moet waarneem. Dis 1961 en apartheid is aan die orde van die dag. Terwyl die blanke kerkraad die boer se versoek bespreek, speel 'n drama van menseverhoudings hom in die gemeenskap af.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Broer Matie ons volgende gratis DVD[dooie skakel], Rapport, 27 Mei 2012?