Byewas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
'n Kers wat van byewas gemaak is.

Byewas is 'n natuurlike was ('n vetterige stof) wat heuningbye vervaardig om hulle byekorwe te bou. Dit word deur agt was-kliere in die abdominale segmente 4 tot 7 van werkersbye gevorm. Die werkers gebruik dit as 'n strukturele materiaal in die korf.

Byewas is op 'n stadium as materiaal vir tandestopsels gebruik.

Byewas word in skoonheidsmiddels en die farmaseutiese bedryf gebruik. Groot hoeveelhede byewas word vir die vervaardiging van kerse aangewend. Daarteenoor speel dit net 'n klein rol in die chemiese bedryf, byvoorbeeld om skiwas van te maak. Lekkers van gelatien gebruik soms byewas as 'n bedekking. In die geneeskunde word byewas soms in medikasie vir hoes en verkoue, asook die behandeling van spierpyn, gebruik.

Dit is 'n stewige substansie met 'n redelik hoë molekulêre gewig. Dit smelt tussen 62 en 65°C. Byewas bestaan hoofsaaklik uit esters van vetsure en verskeie lang-ketting alkohole.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]