Chanel Nº 5

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Chanel Nº 5

Chanel Nº 5 is 'n damesparfuum uit die Franse modehuis Chanel wat in 1921 in Parys deur die Franse modeskepper Coco Chanel (1883−1971) geloods is, oorspronklik net vir 'n klein groep uitgesoekte klante. Die parfuum was die eerste in 'n reeks geure wat deur Chanel op die mark ingevoer is en word as die suksesvolste damesparfuum ooit beskou. Volgens Parfums Chanel word daar elke dertig sekondes êrens op aarde 'n flessie Chanel Nº 5 verkoop. Die flessie maak deel uit van die geur se bekoring en aantrekkingskrag. Die ikoniese Amerikaanse aktrise Marilyn Monroe (1926−1962) het die parfuum na bewering as haar enigste nagkleed gedra.

Die chemiese formule vir die parfuum - 'n oordosis van 'n 1:1:1-akkoord van die aldehiede C-10 (decanal), C-11 (undecanal) en C-12 (dodecanal) - is deur die Frans-Russiese skeikundige en vroeëre parfumeur aan die Russiese tsarehof, Ernest Beaux (1881−1961), ontwikkel.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Media