Charles Dutoit

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Charles Dutoit
Charles Dutoit (1984) by Erling Mandelmann - 2.jpg
Dutoit dirigeer in 1984
GeboortenaamCharles Édouard Dutoit
Geboorte07 Oktober 1936 (1936-10-07) (82 jaar oud)
Lausanne, Switserland
Beroep(e)Dirigent, pedagoog
Genre(s)Klassiek
Aktiewe jare1957–huidig
Portal.svg Musiekportaal

Charles Édouard Dutoit OC GOQ (gebore op 7 Oktober 1936) is 'n Switserse dirigent. In September 2018 was hy aangestel as die hoof-dirigent van die Sint Petersburg Filharmoniese Orkes vanaf die 2018-2019 seisoen.

In 2017 het hy die 103de ontvanger van die Koninklike Filharmoniese Genootskap se Goue Medalje Prys geword.

Dutoit is die voormalige kunsdirekteur en hoof-dirigent van die Koninklike Filharmoniese Orkes, dirigent-emeritus van die NHK Simfonieorkes van Tokio, en was dirigent-laureaat van die Philadelphia Orkes totdat die orkes hom van die titel ontneem het nadat veelvuldige bewerings van seksuele wangedrag aan die lig gekom het..

Hy is die voormalige musiekdirekteur van die Orchestre Symphonique de Montréal en die Orchestre National de France, en van 2017 af dirigent emeritus van die Verbier Musiekfees Orkes. Hy is 'n ere-lid van die Ravel Stigting in Frankryk en die Stravinski Stigting in Switserland.

In Desember 2017, nadat bewerings aan die lig gekom het dat Dutoit vier vrouens seksueel aangerand het, het die orkeste wat reeds verbintenisse gehad het met hom vir opvoerings die verbintenisse gekanselleer en ander het bande met hom verbreek. Hy het onttrek van sy konserte met die Chicago Simfonieorkes, Cleveland Simfonieorkes en die New York Filharmoniese Orkes.

Die volgende maand het verskeie ander vroue vorendag gekom met bewerings van seksuele wangedrag. Dutoit het 'n verklaring uitgereik wat alle bewerings ontken het.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Conductor denies coercion allegations". BBC News (in Engels). 2017-12-23. Besoek op 2018-04-12.