Gaan na inhoud

Charlottetown

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Charlottetown

Kaart Wapen
Vlag
 Land Kanada
 Provinsie Prins-Edward-Eiland
 Koördinate 46°24′N 63°14′W / 46.400°N 63.233°W / 46.400; -63.233
 Stigting 1720 (Port La-Joye)
 Naamwysing 1758
 Oppervlak:  
 - Totaal 725,8 vk km
 Hoogte bo seevlak 10 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2006) 32 174
 - Bevolkingsdigtheid 725,8/vk km
 - Metropolitaanse gebied 58 625
 Tydsone UTC -4 (Atlantiese tyd)
 Burgemeester Clifford J. Lee
 Amptelike Webwerf

city.charlottetown.pe.ca Geargiveer 2 November 2013 op Wayback Machine

Straat in Charlottetown

Charlottetown (IPA: /'ʃɑɹ.lɪ.taʊn/) is die hoofstad van die Oos-Kanadese provinsie Prins-Edward-Eiland met 32 174 inwoners volgens die sensus van 2006. Die agglomerasie van Charlottetown huisves met 58 625 mense meer as 'n derde van die provinsiale bevolking. Die stad is in 1855 geïnkorporeer en het in 1885 stadstatus verkry. Charlottetown dien ook as die administratiewe setel van die distrik Queens County.

Die stad is in 1720 deur Franse onder die naam Port La-Joye gestig. Nadat die nedersetting in 1758 onder Britse heerskappy gekom het, is die naam ter ere van koningin Charlotte van Mecklenburg-Strelitz, die eggenote van koning George III, gewysig tot Charlottetown. Die stad, wat nog steeds met talle statige Victoriaanse huise pronk, het 'n belangrike rol in die Kanadese geskiedenis gespeel: In die huidige Province House, 'n sandsteengebou wat in 1847 opgerig is en vandag as setel van die provinsiale parlement dien, het in 1864 die sogenaamde "Vaders van die Konfederasie van Brits-Noord-Amerika" tydens die Charlottetown-konferensie vergader. Vyftien afgevaardigdes uit Nieu-Brunswick, Nova Scotia en Prins-Edward-Eiland het destyds die Maritime Union gestig - 'n eerste stap in die rigting van 'n verenigde Kanada.

Vlag van Kanada Hoofstede van Kanada Wapen van Kanada
HoofstedeCharlottetownEdmontonFrederictonHalifaxIqaluitOttawaQuebecstadReginaSt. John'sTorontoVictoriaWhitehorseWinnipegYellowknife