Chesapeake Bay-slagkrater
Chesapeake Bay-impakkrater | ||
Die grense van die krater. | ||
Slagstruktuur | ||
Sekerheid | Bevestig | |
Deursnee | 85 km | |
Diepte | 1,3 km | |
Voorwerp se deursnee | 3 km | |
Ouderdom | 35,5 ± 0,3 miljoen jaar | |
Boliedtipe | L-chondriet[1] | |
Ontbloot | Nee | |
Gebied | ||
Land | Verenigde State | |
Streek | Chesapeake Bay | |
Staat | Virginië | |
Toegang | U.S. Route 13 na S.R. 184 | |
Ligging | ||
Die Chesapeake Bay-impakkrater is gevorm deur 'n bolied wat die ooskus van Noord-Amerika omtrent 35,5 ± 0,3 miljoen jaar gelede getref het, in die laat Eoseen. Dit is een van die bes bewaarde "natteiken"-impakkraters in die wêreld.[2]
Voortdurende wegsakking van sediment oor die rommel van die krater het Chesapeake Bay help vorm.
Vorming en daarna
[wysig | wysig bron]Tydens die warm laat Eoseen was die seevlakke hoog en die laagliggende kusgebied van Virginië het in die waters gelê. Die bolied het die Aarde getref teen 'n spoed van sowat 17,8 km per sekonde[3] en 'n diep gat deur die sedimente en in die granietrotslaag uitgekalwe. Die bolied self het heeltemal verdamp, en die rotse is opgebreek tot 'n diepte van 8 km. 'n Kraterring het om die gebied ontstaan.
Die hele ronde krater het 'n deursnee van sowat 85 km en is 1,3 km diep, met 'n oppervlakte van twee keer dié van Rhode Island, en amper so diep soos die Grand Canyon. Dit lyk egter of die deursnee ná die impak sowat 40 km kon gewees het, eerder as die waargenome 85 km.[3]
Die omringende streek het groot verwoesting ondergaan. Die wetenskaplike David Powars, een van die krater se ontdekkers, het die nasleep beskryf: "Binne minute is miljoene tonne water, sediment en versplinterde rots honderde meters hoog die atmosfeer ingeskiet aan die ooskus." 'n Enorme megatsoenami het die land oorspoel en dalk selfs die Blue Ridge Mountains bereik.[4] Die sedimentmure van die krater het ineengestort; dit het die kater verbreed en 'n laag groot blokke op die vloer van die ringvormige trog gevorm. Die blokke is toe deur rommel bedek. Dit alles het 'n paar uur of dae geduur. Intussen is die krater begrawe deur bykomende sedimentbeddings wat in die 35 miljoen jaar ná die impak versamel het.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Schmitz, Birger; Boschi, Samuele; Cronholm, Anders; Heck, Philipp R.; Monechi, Simonetta; Montanari, Alessandro; Terfelt, Fredrik (2015). "Fragments of Late Eocene Earth-impacting asteroids linked to disturbance of asteroid belt". Earth and Planetary Science Letters. 425: 77–83. Bibcode:2015E&PSL.425...77S. doi:10.1016/j.epsl.2015.05.041. ISSN 0012-821X.
- ↑ "Chesapeake Bay impact structure: Morphology, crater fill, and relevance for impact structures on Mars". USGS. United States Geological Survey. 2006. Besoek op 5 Maart 2019.
- ↑ 3,0 3,1 Collins, Gareth S.; Wünnemann, Kai (2005). "How big was the Chesapeake Bay impact? Insight from numerical modeling". Geology. 33 (12): 925–928. Bibcode:2005Geo....33..925C. doi:10.1130/G21854.1.
- ↑ Dell'Amore, Christine (21 November 2013). ""Mind-Blowing" Discovery: Oldest Body of Seawater Found in Giant Crater". National Geographic. National Geographic Society. Besoek op 1 Julie 2015.
Skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Chesapeake Bay-slagkrater.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.