Chris Rock
Chris Rock | |
Rock in 2012 by die première van What to Expect When You're Expecting.
| |
Geboortenaam | Christopher Julius Rock III |
---|---|
Geboorte | 7 Februarie 1965 |
Beroep(e) | Komediant, akteur, draaiboekskrywer, rolprentregisseur, en (rolprent)vervaardiger |
Aktiewe jare | 1984-tans |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Christopher Julius "Chris" Rock III[1] (gebore op 7 Februarie 1965)[2] is ’n Amerikaanse akteur, komediant, draaiboekskrywer, rolprentregisseur, en (rolprent)vervaardiger.
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Nadat hy as skerpskertser gewerk en klein rolle vertolk het, het Rock in die vroeë 1990's aan ’n wyer gehoor bekend geword as lid van die span van Saturday Night Live. Hierna het hy in groter rolprentrolle verskyn in onder meer Down to Earth (2001), Head of State (2003), die Madagascar-reeks (2005–2012), Grown Ups (2010), Grown Ups 2 (2013) en Top Five (2014), asook in verskeie spesiale TV-komedies. Hy het ook die sitkom Everybody Hates Chris (2005–2009) ontwikkel, geskryf en vervaardig. Hy het in 2005 die 77ste Oscar-toekenningsaand aangebied en in 2016 teruggekeer as aanbieder van die 88ste seremonie.
In ’n opname deur Comedy Central in Amerika is hy aangewys as die vyfde beste skerpskertser. In 2007 is hy in Brittanje gelys as die negende beste skerpskertser op Channel 4 se 100 Greatest Stand-Ups en in 2010 as die agtste beste.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Chris Rock". Inside the Actors Studio (Bravo). 13 Maart 2007. No. 6, season 13.
- ↑ "Chris Rock" (in Engels). Yahoo! Movies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2011.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Amptelike webtuiste
- Chris Rock in die Internet-rolprentdatabasis
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Chris Rock.