Chris le Roux

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Chris le Roux
Beroep(e)Sanger
Genre(s)Afrikaans, Country
Portal.svg Musiekportaal

Chris le Roux is 'n Afrikaanse liedjieskrywer en sanger. Le Roux het al van jongs af gesing, sy eie orkes op skool gestig en saam met musikante soos Ruben Lennox opgetree. Hy het homself in die hotelbedryf gekwalifiseer en in sy vrye tyd musiek gemaak. In die sewentigerjare het hy die orkes 'Hot Ice' begin wat voltyds by vakansieoorde soos Tshipise, Die Eiland en Swadini opgetree het.

Hy neem sy eerste langspeelplaat in 1985 op met die liedjie Drome van Rietbaai wat 'n treffer geword het. Van sy ander treffers is Duisendmaal, Klein Karoo en die lied Ek gaan huis toe, waarmee hy die gewilde TV-program 'Teletreffers' gewen het.

Diskografie[wysig | wysig bron]

  • Vonkelaand, 2006 PRO STAR/ SELECT
  • Die Lewe Is Mooi, 1997 DECIBEL
  • Grootste Treffers, 1993 DECIBEL
  • Ek Gaan Huistoe, 1988 DECIBEL
  • Jy Ken My, LP
  • Dagbreek Toe
  • Wysies Wat Kan Saampraat, EMI
  • Groot Karoo / Drome Van Rietbaai, 7" 1985 DECIBEL

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]