Gaan na inhoud

Citroën C4 WRC

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Citroën C4 WRC

Sébastien Loeb en die Citroën C4 WRC in die 2008 Catalunya-tydren
Oorsig
Kategorie Wêreldtydrenmotor
Vervaardiger Vlag van Frankryk Citroën Racing
Ontwerper 2007–2010
Voorganger Citroën Xsara WRC
Tegniese spesifikasies[1]
Onderstel Versterkte bakwerk met 'n gesweisde veelpuntrolhok
Suspensie (voor) MacPhersonstutte
Suspensie (agter) MacPhersonstutte
Lengte 4274 mm
Breedte 1800 mm
Hoogte 1458 mm
Asafstand 2608 mm
Enjin Doelgeboude Citroën 2.0 L (235 kW) dwarsgemonteerde Inlynviersilinder, 16-klepper
Transmissie Sadev 6-gang sekwensiële handratkas met voor en agter meganiese selfsluit-ewenaars
Massa 1230 kg
Brandstof Total
Bande Michelin
Kompetisiegeskiedenis
Span Citroën Total Wêreldtydrenspan
Citroën Juniorspan
Renjaers Vlag van Frankryk Sébastien Loeb
Vlag van Frankryk Sébastien Ogier
Debuut 2007 Monte Carlo Tydren

Die Citroën C4 WRC is 'n wêreldtydrenmotor wat vir die Citroën Wêreldtydrenspan ontwikkel en gebou is deur Citroën Racing vir gebruik sedert die 2007 Wêreldtydrenkampioenskapseisoen. Dit is gebaseer op die Citroën C4 padmotor, het die Citroën Xsara WRC vervang en is self opgevolg deur die verbeterde Citroën DS3 WRC. Die motor het sedert 2007 elke jaar die titel in die hande van Sébastien Loeb verower, sowel as die vervaardigerstitel in 2008, 2009 en 2010.

Die C4 WRC en Loeb hou 'n 100% rekord op teerbyeenkomste tydens sy WRC loopbaan, en wen al 13 slegs-teerrondes van die Wêreldtydrenkampioenskap.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "www.citroen-wrc.com". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2012. Besoek op 5 Julie 2015.
  2. David, Evans (25 Oktober 2010). "Loeb praises C4's asphalt record". autosport.com (in Engels). Haymarket Publications. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 1 November 2010.