Citroën Xsara WRC

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Citroën Xsara WRC
Xavier Pons.jpg
Xavier Pons sit die Citroën Xsara WRC deur sy passies tydens die Siprustydren van 2006.
Oorsig
Kategorie Wêreldtydrenmotor
Vervaardiger Vlag van Frankryk Citroën
Voorganger Xsara Kit Car
Opvolger Citroën C4 WRC
Tegniese spesifikasies
Onderstel Versterkte bakwerk met 'n gesweisde veelpuntrolhok volgens FIA-standaard
Suspensie (voor) MacPhersonstutte
Suspensie (agter) MacPhersonstutte
Lengte 4167 mm
Breedte 1770 mm
Hoogte 1332 mm
Asafstand 2555 mm
Enjin Doelgeboude Citroën WRC 2.0 L dwarsgemonteerde I4 16-klepper
Transmissie Sadev 6-gang sekwensiële handratkas
Massa 1230 kg
Kompetisiegeskiedenis
Span Vlag van Frankryk Citroën Motorsport
Renjaers Vlag van Finland Jari-Matti Latvala

Die Citroën Xsara WRC was 'n wêreldtydrenmotor wat vir die Citroën Wêreldtydrenspan ontwikkel en gebou is deur Citroën Racing vir gebruik sedert die 2001 Wêreldtydrenkampioenskapseisoen. Dit is gebaseer op die luikrugbakwerk van die Citroën Xsara padmotor, maar met baie min ooreenkoms onder die vel, en was een van die suksesvolste motors ooit in die kampioenskap.

In 1999 het die Xsara WRC se voorganger, die tweewieldryf natuurlik geaspireerde Xsara Kit Car, algeheel gewen in die Rallye Catalunya en Tour de Course. Hierdie motor was beskou as die beste motor in sy klas. In 2001 is die boustelmotorkategorie vervang deur Super 1600 en 2000 Super, en die Citroën Xsara het meegeding in die wêreldtydrenmotorkategorie. In 2002 het die Franse bestuurder Sébastien Loeb byna die Monte Carlo-tydren gewen, maar hy is gestraf as gevolg van 'n onwettige bandomruiling. Dit het gelyk of die motor hom soos 'n handskoen pas, en hy het daarna die Duitse Tydren en 'n rits ander wêreldtydrenne met die Xsara gewen.