CompactFlash

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

CompactFlash (CF) is 'n flitsgeheue massastoortoestel wat hoofsaaklik gebruik word in draagbare elektroniese toestelle. Die formaat is gespesifiseer en die toestelle die eerste keer deur SanDisk vervaardig in 1994.[1]

CompactFlash het die suksesvolste van die vroeë geheuekaartformate geword, deur beide Miniature Card en SmartMedia te oortref. Die daaropvolgende formate, soos SD/MMC, verskeie Memory Stick formate, en xD-Picture Card het strawwe kompetisie gebied. Die meeste van hierdie kaarte is kleiner as die CompactFlash terwyl dit vergelykbare kapasiteit en spoed bied. Handelsmerkgeheuekaartformate vir gebruik in professionele klank en video, soos P2 en SxS, is vinniger, maar fisies groter en veel duurder.

'n 1 GB CF-kaart in 'n Nikon D200 DSLR kamera

CompactFlash bly gewild en word ondersteun deur baie professionele toestelle en hoëwaarde verbruikerstoestelle. Teen 2014 het beide Canon[2][3] en Nikon [4] CompactFlash vir hul vlagskip digitale kameras gebruik. Canon gebruik ook CompactFlash as die opnamemedium vir sy professionele hoë-definisie bandlose videokameras.[5] Ikegami professionele videokameras kan digitale video op CompactFlashkaarte opneem deur middel van 'n addisionele passtuk.[6]

In 2008 is 'n variant van CompactFlash, CFast aangekondig. CFast (ook bekend as CompactFast) is gebaseer op die serie-ATA-koppelvlak eerder as die parallele-ATA-koppelvlak wat gebruik word deur die oorspronklike CompactFlashkaarte.

In November 2010 het SanDisk, Sony, en Nikon 'n volgende generasie kaartformaat aan die CompactFlash-vereniging bekendgestel. Die nuwe formaat het 'n soortgelyke vormfaktor as CF/CFast maar is gebaseer op die PCI Express koppelvlak in plaas van parallelle of serie-ATA.[7][8] Met moontlike lees- en skryfspoed van 1 Gbit/s (125 Mb/s) en stoorvermoë groter as 2 TiB is die nuwe formaat gemik op hoë-definisie camcorders en hoë-resolusie digitale kameras, maar die nuwe kaarte is nie terug-versoenbaar met óf CompactFlash of CFast nie. Die XQD-kaartformaat is amptelik deur die CompactFlash-vereniging aangekondig in Desember 2011.[9]

Beskrywing[wysig | wysig bron]

'n 16-GB CompactFlashkaart geïnstalleer in 'n 2.5" IDE-poort met 'n passtuk

CF-kaarte kan direk gebruik word in 'n PC Card-gleuf met 'n inprop-passtuk, wat gebruik word as 'n ATA (IDE) of PCMCIA stoortoestel met 'n passiewe passtuk of met 'n leser, of aan ander vorme van poorte soos USB of FireWire. Omrede 'n paar nuwe kaarttipes kleiner is, kan hulle direk gebruik word in 'n CF-kaartgleuf met 'n passtuk. Formate wat op hierdie manier gebruik kan word sluit in SD/MMC, Memory Stick Duo, xD-Picture Card in 'n Tipe I gleuf, en SmartMedia in 'n Tipe II gleuf, teen 2005. Sommige multikaartlesers gebruik CF ook vir I/O.

Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron]

Die CompactFlash koppelvlak is 'n 50-pen substel van die 68-pen PCMCIA[10] konnekteerder. "Dit kan maklik glip in 'n passiewe 68-pen PCMCIA Tipe II tot CF Tipe I passtuk wat ten volle voldoen aan PCMCIA elektriese en meganiese koppelvlakspesifikasies", volgens compactflash.org.[11] Die koppelvlak bedryf, afhangende van die toestand van 'n modus pen met aanskakel, as óf 'n 16-bit rekenaarkaart (0x7FF adres beperk) of as 'n IDE (PATA) koppelvlak.[12]

Spoed[wysig | wysig bron]

CompactFlash IDE (ATA) nydigheid spoed is gewoonlik gespesifiseer in die "x" graderings, bv. 8x, 20x, 133x. Dit is dieselfde stelsel wat gebruik word vir CD-Rom's en dui op die maksimum oordragkoers in die vorm van 'n vermenigvuldiger gebaseer op die oorspronklike klank-CD data-oordragtempo, wat 150 kG/s is.

Hierdie is die vervaardiger se spoedgraderings. Werklike oordragspoed kan hoër wees, of laer, soos getoon op die kaart[13] afhangende van verskeie faktore. Die spoedgradering wat aangehaal word, is byna altyd die leesspoed, terwyl die skryfspoed dikwels stadiger is.

Vermoëns en verenigbaarheid[wysig | wysig bron]

CompactFlash na SATA passtuk met 'n kaart ingevoeg

Die CF 5.0 spesifikasie ondersteun vermoëns tot op 128 PB met behulp van 48-bit logiese blok aanspreek (LBA).[14] Voor 2006 het CF drywe wat magnetiese media gebruik, die hoogste vermoëns (tot 8 GB) gebied. Nou is daar vastetoestandkaarte met selfs hoër vermoëns (tot 512 GB).[15]

Teen 2011 het vastetoestand drywe (SSDs) beide soorte CF-drywe vir groot kapasiteitvereistes uitgestof.

Vastetoestandvermoëns[wysig | wysig bron]

SanDisk het in September 2006 sy 16 GB Extreme III-kaart by die photokina-handelskou aangekondig.[16] Daardie selfde maand het Samsung sy 16, 32 en 64 GB CF-kaarte vrygestel.[17] Twee jaar later, in September 2008, het PRETEC aangekondig dat hulle 100 GB kaarte gaan vrystel.[18]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]