Concerto vir fluit, harp, en orkes (Mozart)
Concerto vir fluit, harp, en orkes | |
---|---|
deur W. A. Mozart | |
Opening van die eerste beweging | |
Toonaard | C majeur |
Katalogus | K. 299/297c |
Gekomponeer | 1778 |
Bewegings | Drie (Allegro, Andantino, Rondeau: Allegro) |
Partituur |
Alexander Murray (fluit), Ann Yeung (harp), Sinfonia da Camera (Universiteit van Illinois), Ian Hobson dirigeer. | |
Probleme met afspeel van hierdie lêers? Sien mediahulp. |
Die Concerto vir fluit, harp, en orkes in C-majeur, K. 299/297c, is 'n konsert wat die 22-jarige Wolfgang Amadeus Mozart in 1778 vir die fluit, harp, en orkes gekomponeer het. Dit bestaan uit drie bewegings: (I) Allegro, (II) Andantino, en (III) Rondeau: Allegro.
Dit is een van slegs twee van sy ware dubbelconcerto's—die ander een is Klavierconcerto nr. 10. Dit is ook sy enigste werk wat vir harp geskryf is, en dit is een van sy werke wat hy onder sy bestes geag het.[1]
Dit is 'n gewilde concerto wat gereeld op opnames verskyn wat aan die harp of fluit gewy is.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Mozart het hierdie concerto in April 1778 in opdrag van graaf Adrien-Louis de Bonnières, duc de Guînes (1735–1806), 'n fluitspeler, geskryf tydens 'n vertoef van sewe maande in Parys.[1] Die concerto sou vir die gebruik van die graaf en die se dogter, 'n harpspeler en student van Mozart, wees.
Mozart sou die graaf se dogter eers net komposisielesse aanbied, maar tydens een les het hy begin om 'n eenvoudige minuet te skryf en sy student gevra om dit te voltooi. Sy kon nie, waarna hy haar ontslaan het en haar as "dom" en "lui" beskryf het.[1]
Na verloop van tyd vra die graaf Mozart om musiek vir hom en sy dogter te skryf. Waarskynlik weens sy eie luiheid het Mozart besluit om nie afsonderlike werke vir vader en dogter te skryf nie.[1]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 https://web.archive.org/web/20081009190345/http://bostonclassicalorchestra.org/prognotes/05-06notes-prog5.html+(Geargiveerde webblad). Boston Klassieke Orkes. URL besoek op 2017-05-27.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (de) Bladmusiek en (de) kritiese verslag in die Neue Mozart-Ausgabe
- Diskografie en opnames by die Mozarteum-stigting
- International Music Score Library Project Bladmusiek by die International Music Score Library Project
Media
[wysig | wysig bron]- Concerto vir fluit, harp, en orkes op YouTube, interpretasie deur Tamara Coha Mandić (fluit) en Diana Grubišić Ćiković (harp), met die Kamerorkes van Kroasië onder dirigensie van Igor Tatarević