Convair B-36 Peacemaker
Convair B-36 Peacemaker | ||
---|---|---|
Tipe | Strategiese bomwerper | |
Bemanning | 13 of 15 | |
Vervaardiger | Consolidated Vultee | |
Eerste vlug | 8 Augustus 1946 | |
Vervaardig | 1946–1954 | |
Aantal gebou | 384 | |
Uit diens gestel | 12 Februarie 1959 | |
Afmetings | ||
Lengte | 49,42 m | |
Vlerkspan | 70,12 m | |
Hoogte | 14,25 m | |
Vlerkoppervlak | 443,5 m² | |
Massa en kapasiteit | ||
Leë massa | 75 530 kg | |
Maksimum opstygmassa | 186 000 kg | |
Bomvrag | 32 700 kg | |
Vegmassa | 119 318 kg | |
Kragbron | ||
Enjins | 6 Pratt & Whitney R-4360-Wasp Major-radiaal-enjins B-36D en latere ontwerpe: 2 of 4 bykomende General Electric J47-19 stralerenjins | |
Werkverrigting | 6 x 2 835 kW | |
Snelheid | ||
Kruissnelheid | 370 km/h | |
Maksimumsnelheid | 700 km/h | |
Reikafstand | 6 415 km | |
Diensplafon | 13 300 m | |
Klimvermoë | 10,1 m/s |
Die Convair B-36 Peacemaker was 'n strategiese bomwerper wat deur Convair vervaardig en tussen 1949 en 1959 uitsluitlik deur die Amerikaanse Lugmag (United States Air Force, USAF) gebruik is.[1]
Die B-36 was die grootste massavervaardigde suierenjinvliegtuig en het met 70,1 meter die breedste vlerkspan van enige vegvliegtuig gehad wat ooit gebou is, alhoewel enkele groter militêre vragvliegtuie vervaardig is. Die B-36 was die eerste bomwerper wat in staat was om enige kernwapen uit die Amerikaanse arsenaal regstreeks vanuit sy vier bomruimtes af te werp sonder dat wysigings aan die vliegtuig aangebring moes word. Met 'n maksimum reikafstand van 9 700 kilometer en 'n maksimumbomvrag van 33 000 kilogram was die B-36 die eerste bemande interkontinentale bomwerper ter wêreld.
Die ontwikkeling van die B-36 het in die vroeë 1940's begin nadat die militêre gebeure in Europa vrese oor 'n Duitse inval in die Verenigde Koninkryk laat ontstaan het. Ná 'n moontlike Duitse besetting van die VSA se belangrikste bondgenoot sou hierdie bomwerpers in staat wees om teikens in Europa vanuit die Amerikaanse vasteland te bereik, met tussenlandings in die Amerikaans-besette Ysland.
Vanaf Februarie 1956 is B-36-bomwerpers geleidelik deur B-52s vervang. Die laaste vliegtuig is in Februarie 1959 uit bedryf gestel.
Verwysings
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met B-36 Peacemaker. |