Datagebrekkig
Bewaringstatus |
---|
Risiko om uit sterf |
Uitgestorwe |
Bedreig |
Laer risiko |
Sien ook |
’n Datagebrekkige spesie is een waaroor te min inligting volgens die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUBN) bestaan vir ’n behoorlike waardering van sy bewaringstatus. Dit beteken nie noodwendig dat die spesie nie baie goed bestudeer is nie, maar dat min inligting bekend is oor die getalle en verspreiding van die spesie.
Dié kategorie is een van nege van die IUCN oor die gevaar van die globale uitsterwing van spesies. Die kategorieë strek van "uitgestorwe" tot "minste kommer". Die kategorieë "datagebrekkig" en "ongevalueer" is nie in die spektrum nie, want dit dui op spesies wat nog nie genoeg waardeer is om in ’n karegorie ingedeel te word nie.[1]
Die IUCN beveel aan dat spesies nie onnodig as "datagebrekkig" geklassifiseer word indien die afwesigheid van rekords daarop dui dat hulle getalle gevaarlik laag is nie. "As die omvang van die takson vermoedelik relatief omskrewe is, as ’n aansienlike tydperk verloop het sedert die laaste rekord van die takson, kan ’n bedreigde status wel geregverdig wees."
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ IUCN Red List Categories and Criteria: Version 3.1 (PDF) (2nd uitg.). Gland, Switserland, en Cambridge, VK. 2012. ISBN 978-2-8317-1435-6.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)