De Long-eilande
De Long-eilande Inheemse naam: Острова Де-Лонга; Де Лоҥ арыылара | |
---|---|
Die Nieu-Siberiese Eilande. | |
Geografie
| |
Ligging | Rusland, Arktiese Oseaan |
Koördinate | 76°39′N 153°39′O / 76.650°N 153.650°O |
Argipel | Nieu-Siberiese Eilande |
Totale eilande | 5 |
Hoofeilande | Jeannette-eiland, Henriëtta-eiland, Bennett-eiland, Wilkitskowo-eiland, Zjachowa-eiland |
Oppervlakte | 228 vk km
|
Administrasie | |
Rusland | |
Republiek | Jakoetië
|
Demografie | |
Bevolking | 0
|
Die De Long-eilande (Russies: Острова Де-Лонга; Jakoeties: Де Лоҥ арыылара) is ’n onbewoonde subgroep van die Nieu-Siberiese Eilande noord van die Oos-Siberiese kus tussen die Laptef-see en die Oos-Siberiese See noord van Sacha (Jakoetië). Hulle lê noordoos van Nowaja Sibir en word dikwels nie beskou as deel van die Nieu-Siberiese Eilande nie. Die totale oppervlakte van die De Long-eilande is sowat 228 km².
Die subgroep bestaan uit:
- Jeannette-eiland (о. Жанне́тты)
- Henriëtta-eiland (о. Генрие́тты)
- Bennett-eiland (о. Бе́ннетта)
- Wilkitskowo-eiland (о. Вильки́цкого)
- Zjachowa-eiland (о. Жо́хова)
Bennett-eiland is die grootste. ’n Groot deel van die eilande is met gletsers bedek. Hulle behoort administratief aan Sacha (Jakoetië), ’n republiek van die Russiese Federasie.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Jeannette-, Henriëtta- en Bennett-eiland is in 1881 ontdek deur die Jeannette-ekspedisie onder George W. DeLong van die VSA-vloot. DeLong het die eilande vir die VSA opgeëis,[1] maar Amerika het nooit op hulle aanspraak gemaak nie.[2]
Wilkitski- en Zjachowa-eiland is onderskeidelik in 1913 en 1914 deur Boris Wilkitski ontdek tydens ’n hidrografiese ekspedisie. Hulle lê verder suid, is laag geleë en is nie met gletsers bedek nie.
Henriëtta was het van 1937 tot 1963 ’n navorsingstasie gehuisves.[3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:De Long Islands
- ↑ De Long, George Washington, 1883, The Voyage of the Jeannette. Boston: Houghton, Mifflin and Company.
- ↑ Bureau of European and Eurasian Affairs, 2003, US State Department Fact Sheet. Washington, DC
- ↑ Headland, R. K.,1994, Ostrova De-Longa ('De Long Islands'), Scott Polar-navorsingsinstituut
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie De Long-eilande.