Dean Greyling
| |||||
Volle naam | MacGuyver Dean Greyling | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 01 Januarie 1986 | ||||
Geboorteplek | Potgietersrus, Noord-Transvaal, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,87 m | ||||
Massa | 128 kg | ||||
Skool | Afrikaanse Hoër Seunskool | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Stut | ||||
Springbokno. | 829 | ||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2006- | Blou Bulle | 66 | (35) | ||
korrek soos op 14 Oktober 2012. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2008- | Bulls | 32 | 20 | ||
korrek soos op 9 Mei 2013. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2011- | Suid-Afrika | 3 | 0 | ||
korrek soos op 14 Oktober 2012. |
Dean Greyling (gebore op Potgietersrus op 1 Januarie 1986) is 'n rugbyspeler wat vir die Blou Bulle in die Curriebeker en die Bulls in Superrugby op stut speel.
Greyling was een van die uitblinkers in die 2004 Craven-week en speel vir die Blou Bulle se ouderdomsgroepe van 2005 tot 2007. Hy maak sy Superrugbydebuut vir die Bulle in 2008. Greyling word in Oktober 2010 vir die Springbokgroep van 39 spelers gekies om voor te berei vir die Europese toer in November 2010.
Greyling maak sy Springbokdebuut in die begin-vyftiental teen Australië op 23 Julie 2011 in Sydney. Hy speel sy tweede toets vir sy land die volgende week teen die All Blacks in Wellington. He word nie gekies vir die Rugbywêreldbeker 2011 nie.
Hy speel sy laaste toets (as plaasvervanger) op 15 September 2012 teen Nieu-Seeland in Dunedin, maar ná hy 'n geelkaart ontvang vir vuilspel in die 64ste minuut, word hy nie weer oorweeg vir die Springbokke gedurende 2012 nie.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- SA Rugby profiel
- Bulls Profiel Geargiveer 21 April 2013 op Wayback Machine
- itsrugby.co.uk profiel
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |