Gaan na inhoud

Denise Darvall

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Denise Darvall
Gebore
Denise Ann Darvall

27 Februarie 1942
Sterf3 Desember 1967
NasionaliteitSuid-Afrika
Bekend virEerste hartskenker

Denise Ann Darvall (27 Februarie 19423 Desember 1967) was die skenker vir die eerste menslike hartoorplanting wat onder leiding van dr Chris Barnard op 3 Desember 1967 in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad uitgevoer is.[1]

Darvall was ernstig beseer in 'n motorongeluk in Observatory, Kaapstad. Denise se ma is op slag dood in die ongeluk. Denise het skedelbreuk opgedoen en het ernstige kopbeserings gehad. Sy is deur lewensondersteunende apparaat aan die lewe gehou en is breindood verklaar. Teen 21h00 (9 nm) op die dag van die ongeluk het die dokters besluit om pogings om haar by te bring, te staak.[2]

Ná Denise se pa toestemming verleen het, is haar hart geskenk vir die oorplanting op Louis Washkansky. Haar niere is geskenk vir die 10 jarige Jonathan van Wyk. Weens apartheid was die nierskenking aan Van Wyk kontroversieël,[3] aangesien die seun as 'n Kleurling geklassifiseer was en Denise as Blank.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Ongeluk lei tot gebeure wat Barnard eerste hart laat oorplant, Beeld, 3 September 2001
  2. Donald McRae, "Every Second Counts: The Race to Transplant the First Human Heart," New York, Putnam, 2006, p. 192.
  3. Malan, M. "Darvall, Denise". sahistory.org (in Engels). South Africa History. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2019. Besoek op 30 Mei 2015.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]