Diameter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die diameter van 'n sirkel word aangedui.

Die diameter van 'n bol of sirkel is die grootste afstand wat tussen twee punte deur die bol of sirkel gemeet kan word.

Die term diameter moet nie met die term middellyn verwar word nie. Die middellyn van 'n sirkel is 'n lyn wat met die middelpunt van die sirkel sny. Die diameter is die lengte van die lyn.

In alledaagse spraakgebruik word die term deursnee algemeen gebruik as diameter bedoel word. Deursnee verwys egter na oppervlakte en diameter na lengte.

Die diameter is gelyk aan 2 × die radius (straal).

Die omtrek van 'n bal of sirkel is π × die diameter.

Rond[wysig]

Op tegniese tekeninge word diameter dikwels aangedui met 'n Ø, wat as "rond" uitgespreek word.

Ø 1000 → rond duisend = een diameter van 1000 mm (= 1 m)