Gaan na inhoud

Dwingeloo 2

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Dwingeloo 2
Soort stelsel Onreëlmatige sterrestelsel
Sterrebeeld Kassiopeia
Tipe IAm
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 02h 54m 08.47s[1]
Deklinasie +59° 00′ 19.1″[1]
Skynmagnitude 16,21 (V-band)[2]
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 10 miljoen
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Dwingeloo 2 is 'n klein onreëlmatige sterrestelsel wat in 1996 ontdek is en sowat 10 miljoen ligjarevan die Melkweg af lê in die sterrebeeld Kassiopeia. Dit lê in die Sone van Ondeursigtigheid en is by radiogolflengtes ontdek. Dit is 'n metgeselstelsel van Dwingeloo 1.[3]

Dwingeloo 2 is die eerste keer waargeneem danksy sy emissielyn van neutrale atomiese waterstof (bekend as HI) tydens opvolgwaarnemings ná die ontdekking van Dwingeloo 1.[3] Dit lê vermoedelik in die IC 342/Maffei-groep, naburig aan die Plaaslike Groep sterrestelsels.[4]

Die onreëlmatige struktuur van Dwingeloo 2 hou waarskynlik verband met wisselwerkings tussen hom en die veel groter nabygeleë stelsel Dwingeloo 2. Hulle is net sowat 78 000 ligjare van mekaar af.[3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 "Results for Dwingeloo 2". NASA/IPAC Extragalactic Database. Besoek op 6 Oktober 2011.
  2. Buta, R. J.; McCall, M. L. (1999). "The IC 342/Maffei Group Revealed". The Astrophysical Journal Supplement Series. 124 (1): 33–93. Bibcode:1999ApJS..124...33B. doi:10.1086/313255.
  3. 3,0 3,1 3,2 Burton, W.B.; Verheijen, M. A. W.; Kraan-Korteweg, R. C.; Henning, P. A. (1996). "Neutral hydrogen in the nearby galaxies Dwingeloo 1 and Dwingeloo 2". Astronomy and Astrophysics. 309: 687–701. arXiv:astro-ph/9511020. Bibcode:1996A&A...309..687B.
  4. Karachentsev, I. D. (2005). "The Local Group and Other Neighboring Galaxy Groups". The Astronomical Journal. 129 (1): 178–188. arXiv:astro-ph/0410065. Bibcode:2005AJ....129..178K. doi:10.1086/426368. S2CID 119385141.

Skakels

[wysig | wysig bron]