Edwin Lutyens

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Edwin Lutyens
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Sir Edwin Landseer Lutyens. Mahonieborsbeeld deur Denis Parsons

Geboortenaam Edwin Landseer Lutyens
Gebore 29 Maart 1869
Londen, Verenigde Koninkryk
Oorlede 1 Januarie 1944 (op 74)
Londen, Verenigde Koninkryk
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Beroep Argitek, meubelontwerper
Bekend vir Castle Drogo
India Gate
Thiepval-gedenkteken
Munstead Wood
100 King Street
Die Senotaaf, Whitehall
Lindisfarne Castle
Nieu-Delhi
Johannesburgse Kunsmuseum
Eerbewyse Goue medalje van die AIA (1925)
Huweliksmaat Emily Bulwer-Lytton
Kind(ers) 5

Sir Edwin Landseer Lutyens ([ˈlʌtjənz]; * 29 Maart 1869, † 1 Januarie 1944) was 'n Britse argitek en meubelontwerper wat bekendheid verwerf het met die verbeeldingryke manier waarop hy tradisionele argitektoniese style by die behoeftes van sy tyd aangepas het. Sy ontwerpe sluit baie Engelse herehuise (country houses) in wat in samewerking met die landskapsargitek en tuinontwerper Gertrude Jekyll (1843-1932) ontstaan het.

As die belangrikste Britse argitek van sy generasie[1] was Lutyens ook betrokke by die ontwerp en bou van 'n deel van die Indiese metropool Delhi wat later as Nieu-Delhi die setel van die Indiese regering geword het. In samewerking met Sir Herbert Baker het Lutyens daarnaas verskeie monumente in Delhi ontwerp soos die India Gate en die ampswoning van die Visekoning van Indië wat tans as die Rashtrapati Bhavan bekend staan.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. David Whitehead en Henning Klattenhof: London | The Architecture Guide. Salenstein: Braun Publishing 2010, bl. 162