Elana Afrika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Elana Afrika
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Elana Afrika
Geboorte 15 Augustus 1979 (1979-08-15) (40 jaar oud)
Kaapstad, Suid-Afrika
Nasionaliteit Suid-Afrikaans
Beroep(e) aktrise, aanbieder
Webwerf elanaafrika.com
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Elana Afrika-Bredenkamp (née Afrika), gebore 15 Augustus 1979, is ʼn Suid-Afrikaanse radio, - televisiepersoonlikheid en aktrise. Sy is gebore en getoë in Kaapstad en het gematrikuleer aan Hoërskool Parow in 1997. Sy het ingeskryf by die Universiteit van Stellenbosch om ʼn B.Com-graad te studeer, maar het helaas van plan verander en B.A. Drama studeer.

Haar studies is kort geknip toe sy ʼn werk aangebied is by M-Net as ʼn televisieaandbier in 2001 en daardie selfde jaar het sy getrek na Gauteng. Later in 2001 het sy ook ʼn werksaanbod as ʼn radio-omroeper gekry by Jakaranda 94.2 FM.

Sy het die aanbieding van talle programme behartig op kykNET, M-Net, GO, SABC Africa en die SuperSport-kanaal en het ʼn naweekprogram op 5FM aangebied. Sy het ook agter die skerms gewerk waar sy deel was van die vervaardiging van programme.

Vanaf 2001 tot 2007 was sy ʼn mede-aanbieder van die Afrikaanse vermaaklikheidsprogram, Jip, op kykNET. Van Augustus tot Desember, 2007, het sy die aanbieding van die program, GO Extra Survivor en GO Extra Idols aangebied. Dieselfde jaar het sy ook die rol van haarself vertolk in die komedie rolprent, Footskating 101.

Afrika was ook die mede-aanbieder van die M-Net realiteitsprogramreeks, I Wanna Be, vanaf Mei 2009. In 2011 het sy teruggetrek Kaapstad toe en het met Ian Bredenkamp vroeg in 2013 getrou.

In Julie 2013 was sy ʼn mede-aanbieder vir die SABC3 ontbytprogram, Expresso, en in 2014 het sy die realiteitsreeks vir die Mzanzi Magic-kanaal, The Road to Miss South Africa, aangebied. In 2018 het Elana weer Kaapstad veruil vir Gauteng om aan te sluit by Jacaranda FM as ʼn omroeper.

Van al die mediums is radio haar gunsteling en gebruik sy hierdie platform ook om haar skoene aan aanhangers uit te deel - met haar #ShoesDay veldtog het sy die veldtog ook uitgebrei na sosiale media.  Sy bied ook motiveringspraatjies aan en werk ook nou saam met haar alma mater, Hoërskool Parow.

In 2014 het Elana haar eie wyn vrygestel, Elana Wine, ʼn eksklusiewe reeks Shiraz-wyn wat in Durbanville vervaardig word en wat ook al met ʼn Goue Michelangelo-toekenning beloon is.

Televisie[wysig | wysig bron]

  • Expresso; seisoen 2; aanbieder
  • Expresso; seisoen 3; aanbieder
  • Expresso; seisoen 4; aanbieder
  • Expresso; seisoen 5; aanbieder
  • Expresso; seisoen 6; aanbieder
  • Expresso; seisoen 7; aanbieder
  • Expresso; seisoen 8; aanbieder       (2010)
  • Fynskrif; seisoen 1 en 2; vertolk die rol van Gertrude Koopman (2018)
  • WWP: Thunderstrike; aanbieder (2008)
  • I Wanna be; seisoen 1; aanbieder
  • Mej. Suid-Afrika; seisoen 57; aanbieder
  • Parlement Parlement; seisoen 1 en 2; vertolk die rol van Madam Speaker (2017)
  • Sara se Geheim; seisoen 2; vertolk die rol van Rebecca
  • The Road to Miss South Africa; seisoen 3; aanbieder
  • Coza; Via-kanaal; aanbieder

Film[wysig | wysig bron]

  • Footskating 101 (2007)
  • Spaarwiel (2007)
  • Jimmy in Pienk (2013)
  • Stone Cold Jane Austen
  • Hollywood in My Huis (2014)

Radio[wysig | wysig bron]

Teater[wysig | wysig bron]

Gemeenskapswerk[wysig | wysig bron]

Sy is die ambassadeur vir CANSA, asook die Rooikruis Kinderhospitaal.

Toekennings[wysig | wysig bron]

  • GQ-Styl-toekenning
  • Glamour-toekenning vir Most GLAMOURous Award
  • MTN Radio-nominasie: Beste omroeper
  • You Spectacular-nominasie: Invloedryke persoon

Bronnelys[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]