SuperSport

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

SuperSport is 'n groep Suid-Afrikaanse TV-kanale waarop sportwedstryde uitsaai word. Hierdie kanale word deur Naspers besit en op MultiChoice se DStv-satellietdiens gebeeldsend. SuperSport verskaf ook sportsdekking in verskeie Afrika-lande. Hulle word as die grootste verskaffer van sport in Suid-Afrika, Afrika, en geoordeel aan die hoeveelheid inhoud, die wêreld beskou.[1]

SuperSport is by verre die uitsaaier wat die grootste verskeidenheid sportsoorte aanbied. Van die sportsoorte wat algemeen op hulle kanale gesien kan word sluit in: rugby, krieket, sokker, gholf, tennis, motorsport, fietsry, boks, stoei, atletiek en uithou-byeenkomste. Hulle is die wêreld se grootste uitsaaier van lewendige rugby- en krieketwedstryde, asook Premier League-sokkerwedstryde. [2]

Meeste programme word in Engels uitgesaai. Sommige wedstryde, soos die groot rugbywedstryde, word van alternatiewe klankbane, waaronder Afrikaanse kommentaar, voorsien. Verskeie wedstryde word ook in hoëdefinisie uitgesaai.

Lys van kanale[wysig]

  • SuperSport HD 1
  • SuperSport HD 2
  • SuperSport HD 3
  • SuperSport Blitz
  • SuperSport 1
  • SuperSport 2
  • SuperSport 3 (Suid-Afrika)
  • SuperSport 3A (Res van Afrika)
  • SuperSport 3N (Nigerië)
  • SuperSport 4 (Nie in Nigerië beskikbaar nie)
  • SuperSport 5
  • SuperSport 5A
  • Supersport 5N
  • SuperSport 6
  • SuperSport 7 (Suid-Afrika)
  • Supersport Action (Eksklusief op DStv Select)
  • Supersport Live Events (Slegs op DStv Mobile 3g)

Die onderstaande kanale is nie in Suid-Afrika beskikbaar nie:

  • SuperSport 7N
  • Supersport 7A
  • SuperSport 9
  • SuperSport 10
  • SuperSport Maximo
  • SuperSport Maximo 2
  • Select Sports (voormalig: SuperSport Select)

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]