Gaan na inhoud

Electrolux

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Aktiebolaget Electrolux
Tipe Aktiebolaget (Sweedse aandelemaatskappy)
Gestig 1919 (samesmelting)
Hoofkantoor StockholmSwede
ProdukteHuishoudelike toestelle
Inkomste101,6 miljard SEK (2011)
Bedryfsinkomste3 071 miljoen SEK (2011)
Netto inkomste2 064 miljoen SEK (2011)
WebwerfElectrolux

Electrolux, 'n Sweedse maatskappy met sy hoofkwartier in Stockholm, is die wêreld se tweede grootste vervaardiger van huishoudelike toestelle soos wasmasjiene, skottelgoedwassers, koel- en vrieskaste, elektriese oonde en stowe en stofsuiers wat jaarliks meer as 40 miljoen produkte aan verbruikers in 150 lande verkoop. Electrolux is daarnaas ook die eienaar van ander vervaardigers en handelsmerke in dié bedryf soos byvoorbeeld Elektro-Helios, Husqvarna, Zanussi (Italië), AEG (Duitsland), Volta, Kelvinator (Australië en Suid-Afrika), Frigidaire en Eureka (VSA).[1]

Electrolux is in 1919 deur die stofsuier-fabrikant Axel Wenner-Gren gestig wat destyds die bedrywighede van twee maatskappye, Elektromekaniska AB (wat in 1910 gestig is) en AB Lux (1901), saamgesmelt het.

Verwysings

[wysig | wysig bron]