Elena Poniatowska
Voorkoms
Hélène Elizabeth Louise Amelie Paula Dolores Poniatowska Amor, Elena Poniatowska (* 19 Mei 1932 in Parys) is 'n Meksikaanse skryweres en joernalis.[1]
Biografie
[wysig | wysig bron]Hélène Poniatowska Amor is as dogter van Meksikaans-Poolse ouers in 1932 in die Franse hoofstad Parys gebore. Die familie van haar moeder Paulette Dolores Amor het hulle ná die onteiening van hul grondbesit gedurende die Meksikaanse Rewolusie in Frankryk gevestig. Haar vader Jean Evremont Poniatowski was van adellike Poolse afkoms.
Paulette Dolores Amor het ná die Duitse besetting van Frankryk in 1941 met haar twee dogters gevlug en in die volgende jaar na Meksiko teruggekeer. Haar man het tot die einde van die Tweede Wêreldoorlog in die Franse leër gedien en eers daarna sy gesin gevolg.
Werke
[wysig | wysig bron]- 1954 - Lilus Kikus
- 1969 - Hasta no verte, Jesus mío
- 1971 - La noche de Tlatelolco
- 1978 - Querido Diego, te abraza Quiela
- 1980 - Fuerte es el silencio
- 1988 - La flor de lis
- 1988 - Nada, nadie. Las voces del temblor
- 1991 - Tinísima
- 1997 - Paseo de la Reforma
- 2001 - La piel del cielo
- 2003 - Tlapalería
- 2007 - El tren pasa primero
- 2011 - Leonora
Toekennings
[wysig | wysig bron]- Prémio Mazatlán de Literatura, 1971
- Premio Xavier Villaurrutia, 1971
- Prémio Nacional de Periodismo, 1978
- Premio Alfaguara, 2001
- Premio Maria Moors Cabot, 2004
- Premio Rómulo Gallegos, 2007
- Premio Biblioteca Breve, 2011
- Premio Cervantes, 2013