Eleusis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Eleusis
Ελευσίνα
Uitsig oor die opgrawingsterrein na die die dorp Eleusis.
Uitsig oor die opgrawingsterrein na die die dorp Eleusis.
Streekseenheid Wes-Attika
Regering
 - Burgemeester Georgios Tsoukalas
Oppervlak
 - Dorp 18,455 km²  (7,1 vk m)
Bevolking (2011)
 - Dorp 29 902
 - Metropolitaans 36 589
Webwerf: www.eleusina.gr

Eleusis (Grieks: Ελευσίνα Elefsina, Antieke Grieks: Ἐλευσίς Eleusis) is ’n dorp en munisipaliteit in Wes-Attika, Griekeland. Dit is sowat 18 km noordwes van die middel van Athene geleë.

Eleusis is die setel van die administrasie van die Griekse streekseenheid Wes-Attika. Dit is die terrein van die Eleusiniese misterieë en die geboorteplek van Aischylos. Dit is vandag ’n groot nywerheidsentrum met die grootste olieraffinadery in Griekeland en die plek waar die Aischylia-fees, die oudste fees in die Attika-streek, gehou word.

Op 11 November 2016 is Eleusis gekies as die Europese kultuurhoofstad vir 2021.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die Ninnion-tablet beeld sekere elemente van die Eleusiniese misterieë uit (middel 4de eeu v.C.).

Eleusis was in die oudheid bekend as die hoofsetel van die aanbidding van Demeter en Persephone, en van die misterieë ter ere van dié godinne. Dit is tot met die val van die heidendom beskou as die heiligste van alle Griekse misterieë.

Eleusis het op ’n hoogte gestaan, ’n klein entjie van die see af en oorkant die eiland Salamis. Sy ligging het hom drie voordele gegee: Dit was op die pad van Athene na die landengte van Korinthe; dit was in ’n baie vrugbare streek; en dit was aan die punt van ’n uitgebreide baai wat aan drie kante deur die kus van Attika gevorm is en in die suide deur Salamis afgesluit is. Die dorp self dateer van die antiekste tye.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]