Embraer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Embraer S.A.
Embraer logo.png
Tipe Korporasie
Gestig 1969
Hoofkantoor São José dos Campos,Brasilië
SleutelpersoneFrederico Fleury Curado (voorsitter en hoof uitvoerende beampte)
Gebied bedienEuropa, Asië, Noord-Amerika, Oseanië
IndustrieLugdiens, Verdediging
ProdukteVliegtuie, vliegtuigkomponente, missie stelsels vir lug- en grond operasie
Inkomste$5,7 miljard[1] (2013)
Netto inkomste$329,1 miljoen (2013)
Werknemers18 003[2]
DogtermaatskappyeNeiva
OGMA
ATECH
Orbisat
Webwerfembraer.com
'n Embraer E170 van Air Canada styg op Montréal se Pierre Elliott Trudeau-lughawe in die lug op

Embraer, die Empresa Brasileira de Aeronáutica S.A., is 'n Brasiliaanse vliegtuigvervaardiger. Embraer vervaardig kommersiële, militêre en luukse stralers vir sakeondernemings. In die tydperk tussen 1999 en 2001 was Embraer die grootste uitvoerder in Brasilië en is tans nog steeds een van die drie belangrikste vervaardigers van uitvoergoedere. Na Boeing en Airbus verkoop Embraer die derde grootste aantal kommersiële vliegtuie en het ook die vierde grootste aantal werknemers na Boeing, Airbus en Bombardier.

Embraer is in 1969 deur die Brasiliaanse regering gestig en word tans deur institusionele beleggers beheer. Die maatskappy se hoofkwartier, sy belangrikste produksieaanleg en sy ingenieurs- en ontwerpkantore is in São José dos Campos geleë, 'n stad in die Brasiliaanse deelstaat São Paulo.

Embraer is ook 'n belangrike vervaardiger van onderdele en doen toetsvlugte in een van sy produksieaanlegte in Gavião Peixoto (deelstaat São Paulo). Hierdie fabriek beskik ook oor 'n landingsbaan van 16 400 voet lengte.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]