Air Canada

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Airbus A330-300 land op die Lughawe Londen-Heathrow in die 2005-2017 kleurskema
Air Canada
Air Canada Logo.svg
IATA
AC
ICAO
ACA
Roepsein
AIR CANADA
Gestig 10 April 1937; 82 jaar gelede (1937-04-10)
(as Trans-Canada Air Lines[1]
1 Januarie 1965 (as Air Canada)
Eerste vlug 1 September 1937
Hoofspil * Calgary Internasionale Lughawe
Fokusstede * Halifax Stanfield Internasionale Lughawe
Lojaliteitsprogram
  • Air Canada Altitude[2]
  • Aeroplan
Alliansie Star Alliance
Dogtermaatskappye
  • Air Canada Cargo
  • Air Canada Express
  • Air Canada Jetz
  • Air Canada Rouge
Vlootgrootte 415 (Insl. filiale)
Bestemmings 102
Slagspreuk "Fly The Flag"
Hoofkantoor Montreal, Quebec, Kanada
Sleutelpersone * Vagn Sørensen (Voorsitter)
  • Calin Rovinescu (President & HUB)[3]
Omset Green Arrow Up Darker.svg CAN$16,252 miljoen (2017)
Netto inkomste Green Arrow Up Darker.svg CAN$2,038 miljoen (2017)
Werknemers 42,000 (2017)
Webtuiste www.aircanada.com

Air Canada is die vlagdraer en grootste lugredery in Kanada volgens vlootgrootte en passasiers vervoer. Die redery, gestig in 1937, onderneem geskeduleerde en huurvlugte van passasiers en vrag na 207 bestemmings wêreldwyd. Dit is 'n stigterslid van die Star Alliance.[4] Air Canada se hoofkwartier is in Montreal, Quebec, terwyl sy grootste spil by die Toronto Pearson Internasionale Lughawe is.[5] Die lugredery se plaaslike diens is Air Canada Express.

Air Canada het 'n vloot van Airbus A330, Boeing 767, Boeing 777 en Boeing 787 Dreamliner wyerompvliegtuie op die langafstandroetes en maak gebruik van die Airbus A320-familie (insluitend die A319, A320, en A321 variante), Boeing 737 MAX 8, en Embraer E190-familie vliegtuie op die kortafstandroetes.

Die redery se bedryfsafdelings sluit in Air Canada Cargo, Air Canada Express, Air Canada Jetz (private stralerhuur) en Air Canada Rouge (ontspanninglugredery). Sy filiaal, Air Canada Vacations, bied vakansiepakkette na meer as 90 bestemmings. Saam met sy plaaslike vennote, bedryf die lugredery gemiddeld meer as 1 602 geskeduleerde vlugte daagliks.[6]

Air Canada hoofvloot
Vliegtuig In diens Op bestelling Passasiers
S B P E
Airbus A220-300 45 TBA
Airbus A319-100 13[7] 14 106 120
3 58 58
Airbus A320-200 42 14 132 146
Airbus A321-200 15 16 174 190
Airbus A330-300 8 4 27 21 244 292
Boeing 737 MAX 8 18 32 16 153 169
Boeing 737 MAX 9 11 TBA
Boeing 767-300ER 6 24 187 211
Boeing 777-200LR 6 40 24 236 300
Boeing 777-300ER 12 40 24 336 400
7 28 398 450
Boeing 787-8 8 20 21 214 255
Boeing 787-9 27 2 30 21 247 298
Embraer 190 25 9 88 97
Total 190 94
'n Voormalige Canadian Airlines Boeing 747-400 in mengkleure by Hong Kong Internasionale Lughawe in 2001
Air Canada se Boeing 777-200LR, die vliegtuig met die langste reikafstand in die wêreld.
'n Persoonlike televisie aanboord 'n Air Canada-vliegtuig.
Airbus A340-300, uit diens in 2008
Air Canada Boeing 767-200ER, uit diens in 2008
'n Airbus A340-500, voorheen bedryf deur Air Canada, totdat dit vervang is deur die Boeing 777-200LR

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Timeline - Air Canada's 80th Anniversary”.
  2. Air Canada Altitude”.
  3. Air Canada (30 Maart 2009). "Air Canada announces appointment of Calin Rovinescu as President & Chief Executive Officer". CNW Telbec. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 September 2015. Besoek op 4 April 2009. 
  4. Star Alliance Member Airline - Air Canada”. Star Alliance. URL besoek op 4 April 2009.
  5. "Investors Contacts Geargiveer 4 Februarie 2016 op Wayback Machine" Air Canada. Besoek op 18 Mei 2009.
  6. Air Canada Annual Report 2017”. Air Canada.
  7. Our Fleet”. Air Canada. URL besoek op 31 Mei 2018.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.