Erosie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Grond wat as gevolg van erosie verwyder is.

Erosie is 'n geologiese proses waar materiaal (afsettings, gesteentes en grond) van 'n landskap verwyder of verskuif word. Op Aarde vind erosie veral deur die werking van wind, lopende water, ys en gravitasie plaas. Minder algemene oorsake is vulkanisme en die impak van meteoriete. Sekere menslike aktiwiteite, soos die afkap van woude en ploeg van lande, kan ook erosie veroorsaak.

Erosie moet nie met verwering verwar word nie. Die verskil tussen erosie en verwering is dat erosie die materiaal verskuif. Verwering kan die materiaal in stukkies breek (meganiese verwering) of chemies verander (chemiese verwering), maar dit sal op dieselfde plek bly. Dit is wel so dat verweerde materiaal dikwels makliker erodeer (weggevoer word).

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]