Find a Grave

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Find a Grave
Find A Grave logo.png
URL www.findagrave.com
Kommersieel? Ja
Soort webwerf Aanlyn databasis
Registrasie Opsioneel
Beskikbare tale Engels
Eienaar Ancestry.com
Geskep deur Jim Tipton
Gelanseer 1998
Huidige status Aktief

Find a Grave is ’n kommersiële webtuiste waar die publiek inligting kan kry en byvoeg by ’n aanlyn databasis met begraafplaasrekords.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die webtuiste is in 1995 deur Jim Tipton van Salt Lake City begin om hom te help met inligting vir sy stokperdjie om grafte van bekendes te besoek.[1] Hy het later ’n aanlyn forum bygevoeg.[2] Find a Grave is in 1998 as ’n kommersiële webtuiste van stapel gestuur.[3][4][5]

Die webtuiste is later uitgebrei om die grafte van onbekendes in te sluit om aanlyn besoekers in staat te stel om eer te betoon aan aan afgestorwe familielede en vriende. Op 30 September 2013 het Ancestry.com aangekondig hulle gaan dit koop.[6] In 2016 het Find a Grave reeds oor meer as 152 miljoen begrafnisrekords beskik,[7] asook 75 miljoen foto's wêreldwyd.[6]

Bydraers moet registreer en net die huidige bestuurder van ’n inskrywing mag daaraan verander. Lede mag korreksies en versoeke vir individuele inskrywings instuur, asook boodskappe en foto's van blomme, vlae en godsdienssimbole. Lede mag ook vra dat ander lede foto's van grafte instuur.[8]

Find a Grave het ook skakels na monumente van byvoorbeeld ontvangers van eremedaljes,[9] godsdiensfigure,[10] opvoeders[11] en ander beroemdes. Die webtuiste oefen beheer uit oor die inskrywings.[12]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Find A Grave Contributor: Jim Tipton". Find a Grave. 2007. Verkry op 11 Mei 2012. 
  2. Maynard, Meleah (16 Februarie 2000). "Grave Matters: Minnesota's dead are only a click away". City Pages. Minneapolis and Saint Paul, Minnesota: citypages.com. Verkry op 8 September 2012. 
  3. "Entity No. 2442925-0151". Utah Secretary of State. 1998. Verkry op 11 November 2011. 
  4. "Entity No. 4729413-0143". Utah Secretary of State. 2000. Verkry op 11 November 2011. 
  5. "Division of Corporations Entity File No. 3168328". Delaware Department of State. 2000. Verkry op 11 November 2011. 
  6. 6,0 6,1 "Ancestry.com Acquires Find A Grave". Ancestry.com. Verkry op 1 Oktober 2013. 
  7. "Find A Grave". Find a Grave. Verkry op 2016-09-12. 
  8. "Find A Grave FAQ: 'How do I submit a photo request?'". Find a Grave. Verkry op 2012-01-02. 
  9. "Claim to Fame: Medal of Honor Recipients". Find a Grave. Verkry op 2012-05-31. 
  10. "Claim to Fame: Religious figures". Find a Grave. 11 Oktober 1954. Verkry op 2012-05-31. 
  11. "Claim to Fame: Educators". Find a Grave. Verkry op 2012-05-31. 
  12. "Famous Bio Guidelines". Find a Grave. 1935-05-02. Verkry op 2012-05-31. 

Bronne[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]