Fleur Agema
Voorkoms
Fleur Agema | |
In 2017 | |
Minister van Volksgesondheid, Welsyn en Sport
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 2 Julie 2024 | |
Voorafgegaan deur | Conny Helder |
---|---|
Lid van die Tweede Kamer van die State-Generaal
| |
Ampstermyn 30 November 2006 – 2 Julie 2024 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 16 September 1976 Purmerend, Nederland |
Politieke party | LPF (tot 2004) PVV (sedert 2006) |
Alma mater | Saxion University of Applied Sciences - Enschede Amsterdam Academy of Architecture |
Marie-Fleur (Fleur) Agema (gebore 16 September 1976 in Purmerend) is 'n Nederlandse politikus wat aan die politieke party Party vir die Vryheid (PVV) behoort. Sedert 2 Julie 2024 is sy die minister van Volksgesondheid, Welsyn en Sport en eerste adjunk-premier in die Schoof-kabinet.
Van 2003 tot 2007 was sy 'n lid van die Provinsiale State van Noord-Holland, tot 2004 voor die Lys Pim Fortuyn (LPF), daarna as partylose.
Van 30 November 2006 tot 2 Julie 2024 was sy 'n lid van die Tweede Kamer van die State-Generaal gewees.
Agema het argitektuur gestudeer en by 'n argitekteburo gewerk. Sy het 'n relasie met Léon de Jong, 'n voormalig lid van die Tweede Kamer vir die PVV.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Fleur Agema.
- (nl) Eie webwerf
- (nl) M. (Fleur) Agema, Parlement.com