Frankie Fredericks

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Frankie Fredericks
Fredericks by die 2007-Wêreldatletiekbyeenkoms
Bynaam Frankie
Geboortenaam Frank Fredericks
Gebore 2 Oktober 1967 (1967-10-02) (52 jaar oud)
Windhoek
Nasionaliteit Namibië
Beroep Atleet
Eerbewyse Olimpiese medaljes

Frankie Fredericks (* 2 Oktober 1967, Windhoek) is 'n voormalige baan- en veldatleet van Namibië. Hy het in die 100 meter en 200 meter gespesialiseer, en vier silwer medaljes by die Olimpiese Spele (twee in 1992 en twee in 1996) gewen, en is Namibië se enigste Olimpiese medaljewenner. Hy het ook goue medaljes by die Wêreldkampioenskappe, die Wêreldbinnenshuise Kampioenskappe, Afrikaspele en Statebondspele gewen. Hy is die binnenshuise wêreldrekordhouer in 200 meter, met 'n tyd van 19,92 sekondes, wat hy opgestel het in 1996.

Fredericks het die 20 sekondes oor 200 meter reeds 24 keer gebreek. Hy het ook die derde vinnigste nie-bekroonde tyd vir die 200 meter. In Augustus 1996 het Fredericks 19,68 sekondes aangeteken in die Olimpiese eindwedloop in Atlanta, Georgia.

Hy is ook die oudste atleet om die 20 sekondes oor 200 meter te breek. Op 12 Julie 2002 in Rome, het Fredericks die 200 meter in 'n tyd van 19,99 sekondes op die ouderdom van 34 jaar en 283 dae gehardloop.

Ná sy uittrede[wysig | wysig bron]

In 2004 het Fredericks 'n lid van die Internasionale Olimpiese Komitee geword. In 2009 het Fredericks die hoof van Atletiek Namibië geword.[1] In 2012 Fredericks is genomineer om 'n lid van die Internasionale Olimpiese Komitee te word.

Hy dien tans op die IAAF-raad. Op 3 Maart 2017 was Fredericks betrokke in 'n IAAF-korrupsieskandaal, wat spruit uit 'n goot ongeoorloofde kontantbetaling wat hy ontvang het in 2009.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Tonchi, Victor L., William A. Lindeke, and John J. Grotpeter, "Frederics, Frankie (1967- )" Historical Dictionary of Namibia. 2nd edition. Toronto: The Scarecrow Press, Inc, p. 129.