Olimpiese Somerspele 1996

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Spele van die XXVIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1996

Gehou in Atlanta, Verenigde State
Deelnemende lande 197
Deelnemende atlete 10 318 (6 806 mans, 3 512 vroue)[1]
Items 271 in 26 sporte
Openingseremonie 19 Julie 1996
Sluitingseremonie 4 Augustus 1996
Amptelik geopen deur President Bill Clinton
Atlete-eed Teresa Edwards (basketbal)
Beampte-eed Hobie Billingsly (sierduik)
Olimpiese vlam Muhammad Ali (boks)
Vorige Spele 1992: Barcelona (Spanje)
Volgende Spele 2000: Sydney (Australië)

Die Olimpiese Somerspele 1996 (Engels: 1996 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XXVIste Olimpiade, is tussen 19 Julie en 4 Augustus 1996 in Atlanta, Verenigde State, aangebied. Hierdie spele staan ook bekend as die Centennial Games vanweë die feit dat dit presies een eeu na die eerste moderne Spele in Griekeland plaasgevind het.

Die Centennial Olympic Stadium tydens die Olimpiese Somerspele 1996

Atlanta is op 18 September 1990 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) gekies met 51 teen 35 stemme in die laaste ronde. Die beslissing van die Internasionale Olimpiese Komitee om die Spele aan Atlanta toe te wys was verrassend. Die redenasie was dat Athene nie genoeg tyd sou hê om die infrastruktuur vir die Spele in plek te kry nie. Later word beweer dat enkele IOK-lede omgekoop was, maar dit kon nooit bewys word nie. Tydens en na die Spele word egter vasgestel dat die organiserende komitee van Atlanta nie die volle waarheid oor die vervoernetwerk, die hitte en die vogtigheid in Augustus, en oor die hoë misdaadsyfer van die stad vertel het nie.

Oor die algemeen word die Spele as minder suksesvol gesien. Die vervoer tussen die verskillende Olimpiese items het soms vir ure in verkeersknope vasgesit. Die Spele was ook deur vele as "te kommersieel" bestempel, maar finansieel was dit wel 'n sukses. Dit is onder meer te danke aan die hoofborgskap van Coca-Cola, wie se hoofkantoor in Atlanta is.

Die Paralimpiese Somerspele 1996 is tussen 16 en 25 Augustus in Atlanta gehou.

Toewysing[wysig | wysig bron]

Atlanta is op 18 September 1990 in Tokio deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1996. Ander kandidate was: Athene, Toronto, Melbourne, Manchester en Belgrado.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1996[2]
Stad Land Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3 Rondte 4 Rondte 5
Atlanta Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 19 20 26 34 51
Athene Vlag van Griekeland Griekeland 23 23 26 30 35
Toronto Vlag van Kanada Kanada 14 17 18 22
Melbourne Vlag van Australië Australië 12 21 16
Manchester Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 11 5
Belgrado Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië 7

Sporte[wysig | wysig bron]

26 Olimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.

Kalender[wysig | wysig bron]

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS  Openingseremonie  ●  Wedstryde  1  Wedstryde met medaljes  SS  Sluitingseremonie
Datum Julie Augustus
19
Vr
20
Sa
21
So
22
Ma
23
Di
24
Wo
25
Do
26
Vr
27
Sa
28
So
29
Ma
30
Di
31
Wo
1
Do
2
Vr
3
Sa
4
So
Athletics pictogram.svg Atletiek 2 4 5 8 5 4 6 9 1
Basketball pictogram.svg Basketbal 1 1
Baseball pictogram.svg Bofbal 1
Boxing pictogram.svg Boks 7 5
Archery pictogram.svg Boogskiet 1 1 2
Cycling (road) pictogram.svg Fietsry 1 1 1 2 4 2 1 2
Synchronized swimming pictogram.svg Gesinchroniseerde swem 1
Weightlifting pictogram.svg Gewigoptel 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1
Gymnastics (artistic) pictogram.svg Gimnastiek 1 1 1 1 3 7 1 1
Handball pictogram.svg Handbal 1 1
Field hockey pictogram.svg Hokkie 1 1
Judo pictogram.svg Judo 2 2 2 2 2 2 2
Canoeing (flatwater) pictogram.svg Kanovaart 2 2 5 7
Modern pentathlon pictogram.svg Moderne vyfkamp 1
Badminton pictogram.svg Pluimbal 2 3
Rowing pictogram.svg Roei 7 7
Equestrian pictogram.svg Ruitersport 2 1 1 1 1
Softball pictogram.svg Sagtebal 1
Sailing pictogram.svg Seil 4 1 2 2 1
Diving pictogram.svg Sierduik 1 1 1 1
Fencing pictogram.svg Skermsport 1 2 2 1 2 1
Shooting pictogram.svg Skyfskiet 2 2 1 2 3 1 3 1
Football pictogram.svg Sokker 1 1
Wrestling pictogram.svg Stoei 6 4 3 2 3 2
Swimming pictogram.svg Swem 4 5 6 3 5 5 4
Table tennis pictogram.svg Tafeltennis 1 1 1 1
Tennis pictogram.svg Tennis 2 2
Volleyball (indoor) pictogram.svg Vlugbal 1 1 1 1
Water polo pictogram.svg Waterpolo 1
Totaal 0 16 13 17 10 15 10 15 20 24 22 10 16 17 19 29 18
Seremonies OS SS
Datum 19
Vr
20
Sa
21
So
22
Ma
23
Di
24
Wo
25
Do
26
Vr
27
Sa
28
So
29
Ma
30
Di
31
Wo
1
Do
2
Vr
3
Sa
4
So
Julie Augustus

Deelnemende nasies[wysig | wysig bron]

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname[wysig | wysig bron]

Suid-Afrika wen drie goue medaljes, asook een silwer en een brons.

Aantal medaljes[wysig | wysig bron]

Kaart van deelnemende nasies in 1996: ██ Neem vir die eerste keer deel ██ Het reeds vantevore deelgeneem

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA) 646 44 32 25 101
2 Vlag van Rusland Rusland (RUS) 390 26 21 16 63
3 Vlag van Duitsland Duitsland (GER) 465 20 18 27 65
4 Vlag van Volksrepubliek van Sjina Sjina (CHN) 294 16 22 12 50
5 Vlag van Frankryk Frankryk (FRA) 299 15 7 15 37
6 Vlag van Italië Italië (ITA) 346 13 10 12 35
7 Vlag van Australië Australië (AUS) 424 9 9 23 41
8 Vlag van Kuba Kuba (CUB) 164 9 8 8 25
9 Vlag van Oekraïne Oekraïne (UKR) 231 9 2 12 23
10 Vlag van Suid-Korea Suid-Korea (KOR) 300 7 15 5 27
27 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (RSA) 84 3 1 1 5

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) The Olympic Summer Games Factsheet”. Internasionale Olimpiese Komitee. URL besoek op 24 Augustus 2016.
  2. (en) Past Olympic host city election results”. GamesBids. URL besoek op 24 Augustus 2016.

Verdere leesstof[wysig | wysig bron]

  • (de) Volker Kluge (2000). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 4.. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00738-5. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:


Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896 · 1900 · 1904 · 1906* · 1908 · 1912 · 1916 · 1920 · 1924 · 1928 · 1932 · 1936 · 1940 · 1944 · 1948 · 1952 · 1956 · 1960 · 1964 · 1968 · 1972 · 1976 · 1980 · 1984 · 1988 · 1992 · 1996 · 2000 · 2004 · 2008 · 2012 · 2016 · 2020

Olimpiese Winterspele: 1924 · 1928 · 1932 · 1936 · 1940 · 1944 · 1948 · 1952 · 1956 · 1960 · 1964 · 1968 · 1972 · 1976 · 1980 · 1984 · 1988 · 1992 · 1994 · 1998 · 2002 · 2006 · 2010 · 2014 · 2018 · 2022
Internasionale Olimpiese Komitee - Nasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.