Fred Whipple

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Fred Lawrence Whipple
Fred Whipple 1927.jpg
Fred Whipple in 1927
Gebore5 November 1906
Red Oak, Iowa
Sterf30 Augustus 2004 (op 97)
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Bekend virBestudering van komete

Fred Lawrence Whipple (5 November 190630 Augustus 2004) was ’n Amerikaanse sterrekundige wat langer as 70 jaar by die Harvard-kollegesterrewag gewerk het. Hy het onder meer ’n paar asteroïdes en komete ontdek, met die "vuil sneeubal"-teorie vorendag gekom en die Whipple-veld ontwerp.