Gary Oldman

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gary Oldman
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Oldman in 2014.

Geboortenaam Gary Leonard Oldman
Geboorte 21 Maart 1958 (1958-03-21) (59 jaar oud)
Aktiewe jare 1979-tans

Gary Leonard Oldman[1] (gebore op 21 Maart 1958)[2] is ’n Britse akteur, rolprentmaker, musikant en skrywer. Hy is bekend vir sy "groot" toneelspelstyl en is een van die mees gevierde akteurs van sy generasie, met ’n veelsydige loopbaan wat die teater, rolprente en televisie insluit.

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Oldman het in 1979 op die verhoog begin toneelspeel en het sy eerste rolprentrol in 1983 in Meantime gekry. Hy het steeds in teaters verskyn, in onder meer The Massacre at Paris (1980), Entertaining Mr Sloane (1983), Saved (1983), Women Beware Women (1986) en Hamlet (1987). Ná sy uitbeelding van Sid Vicious en Joe Orton in onderskeidelik die biografiese rolprente Sid and Nancy (1986) en Prick Up Your Ears (1987), het die bekroonde resensent Roger Ebert hom "die beste jong Britse akteur" genoem. Vir laasgenoemde rol het Oldman sy eerste Bafta-benoeming gekry. Rolle in The Firm (1989) en Rosencrantz & Guildenstern Are Dead (1990) het hom verder gevestig as ’n briljante akteur.

Oldman was ook te sien in State of Grace (1990) as ’n Iers-Amerikaanse bendelid, in JFK (1991) as Lee Harvey Oswald en in Bram Stoker's Dracula (1992) as Dracula; vir laasgenoemde het hy die Saturn-prys vir beste akteur gewen. Hy het veral naam gemaak met die uitbeelding van skurke, soos in Léon: The Professional (1994). Van sy ander prente was True Romance (1993), The Fifth Element (1997), Air Force One (1997) en The Contender (2000), waarvoor hy ’n Screen Actors Guild Award vir beste manlike byspeler gewen het. Hy was ook Beethoven in Immortal Beloved (1994). In die 21ste eeu was hy in prente soos die Harry Potter-reeks, The Dark Knight-trilogie, Tinker Tailor Soldier Spy (2011), waarvoor hy vir ’n Oscar en Bafta vir beste akteur benoem is, en Dawn of the Planet of the Apes (2014).

Pryse en benoemings[wysig | wysig bron]

Van Gary Oldman se belangrikste pryse en benoemings is:

Oscars[wysig | wysig bron]

Jaar Werk Kategorie Uitslag
2012 Tinker Tailor Soldier Spy Beste akteur Benoem

Baftas[wysig | wysig bron]

Jaar Werk Kategorie Uitslag
1988 Prick Up Your Ears Beste akteur in ’n hoofrol Benoem
1998 Nil by Mouth Beste Britse rolprent Gewen
Oorspronklike draaiboek Gewen
2012 Tinker Tailor Soldier Spy Beste akteur in ’n hoofrol Benoem
2018 Darkest Hour In afwagting

Golden Globes[wysig | wysig bron]

Jaar Werk Kategorie Uitslag
2018 Darkest Hour Beste akteur in ’n dramaprent Gewen

Screen Actors Guild Awards[wysig | wysig bron]

Jaar Werk Kategorie Uitslag
2001 The Contender Uitmuntende spel deur ’n akteur in ’n byrol Benoem
2018 Darkest Hour Uitmuntende spel deur ’n akteur in ’n hoofrol In afwagting

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Births, Marriages & Deaths Index of England & Wales, 1916–2005.
  2. Who's Who, OLDMAN, Gary, volume 2015, Oxford University Press aanlyn – subskripsie nodig