General Catalogue of Variable Stars

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die General Catalogue of Variable Stars (GCVS) is ’n lys veranderlike sterre. Die eerste uitgawe, met 10 820 sterre, is in 1948 deur die Wetenskapakademie van die USSR gepubliseer met B.V. Koekarkin en P.P. Parenago as redakteurs. Die tweede en derde uitgawe is in 1958 en 1968 gepubliseer, en die vierde, in drie bande, in 1985–1987. Dit bevat 28 435 sterre.[1][2] ’n Vierde band van die vierde uitgawe met verwysingstabelle is later gepubliseer, asook ’n vyfde band met veranderlikes buite die Melkweg.[2]

Die mees onlangse weergawe van die GCVS is op die GCVS-webtuiste beskikbaar. Dit bevat bygewerkte koördinate vir die veranderlike sterre in die gedrukte vierde uitgawe, asook veranderlikes wat te onlangs ontdek is om in die gedrukte weergawe te verskyn.[2][3] ’n Ouer weergawe van die GCVS uit 2004 is beskikbaar by die VizieR-diens by die Centre de Données astronomiques de Strasbourg onder die naam Combined General Catalog of Variable Stars (GCVS4.2; VizieR-databasis, nommer II/250).[4]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Crystal txt.png Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
  1. The names and catalogues of variable stars, URL besoek op 31 Maart 2015.
  2. 2,0 2,1 2,2 The General Catalog of Variable Stars (GCVS), N.N. Samus, O.V. Durlevich en R.V. Kazarovets, Baltic Astronomy 6 (1997), pp. 296–299.
  3. Die gekombineerde General Catalogue of Variable Stars Volumes I–III, 4de uitg. (GCVS4) (Kholopov+ 1988) en Namelists of Variable Stars Nos. 67-78 (Kholopov+, 1985–2008) met bygewerkte koördinate, URL besoek op 31 Maart 2015.
  4. Combined General Catalog of Variable Stars (GCVS4.2), 2004-uitgawe van die GCVS, by die Centre de Données astronomiques de Strasbourg. URL besoek op 31 Maart 2015

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]